On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement plaas tydelike verbod op versameling van gesplete hoefdiere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:59 Thu, 05 Dec 2019

Landbounuus-podcast: Departement plaas tydelike verbod op versameling van gesplete hoefdiere | News Article

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het 'n tydelike nasionale verbod op die versameling van gesplete hoefdiere, vanaf meer as een bron, geplaas.


Dit sluit in die samekoms van diere op veilings of skoue en diere wat versamel word vir spekulatiewe doeleindes. Die departement en betrokkenes in die rooivleisbedryf sê in 'n gesamentlike mediaverklaring dat ingevolge Arikel 11 van die Wet op Dieresiektes van 1984, is dit die verantwoordelikheid van enige eienaar of bestuurder van eiendomme om alle redelike stappe te neem om die besmetting van diere met enige dieresiekte of parasiet te voorkom. Dit sluit die verspreiding daarvan vanaf 'n betrokke eiendom of dier in. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, sê enigiemand wat bek-en-klouseer versprei deur die beweging van diere kan derhalwe siviel en of strafregtelik aanspreeklik daarvoor gehou word.   

Die tydelike nasionale moratorium op die bymekaarkoms van diere met gesplete hoewe is nie daarop gemik om die veilige verkoop en handel van dié diere in die wiele te ry nie. Dit is volgens dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, nadat Thoko Didiza, minister van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landbou die verbod ingestel het. Vervoort, wat ook op die nasionale tegniese taakspan dien wat deur Didiza aangestel is om die jongste uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo te hanteer, sê dié tydelike verbod het hoofsaaklik ten doel om die verspreiding van die virussiekte te verhoed. Vervoort sê die vervoer van spleethoewige diere na abbatoirs en voerkrale word toegelaat, maar dit is uiters noodsaaklik dat daar sekergemaak word veilige diere word aangekoop. Hy sê sowat 14 000 beeste op altesaam 11 kommersiële eiendomme in Limpopo het positief vir bek-en-klouseer getoets. Sewe eiendomme is in die Capricorn en onderskeidelik twee eiendomme in die Mopane en Vhembe munisipale distrikte. Die departement sê van dié eiendomme waarop besmette diere in kwarantyn aangehou word, is daar vyf voerkrale en altesaam ses kommersiële teelplase.

EN

Die stand van damme in die droogtegeteiserde Noord-Kaap sien nie goed daarna uit nie. Daar is altesaam ses damme, waarvan slegs een dam 100% vol is. Vier damme is tussen 50% en 100% vol, waarvan een dam onder 50% is. Die Minister van Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu, het vandeesweek op 'n mediakonferensie die departement se meesterplan vir water en sanitasie onthul. Sy het gesê die Leeubosdam, wat in die Siyanda-distriks-munisipaliteit geleë is, se damvlak is slegs 10% vol. Die berekende volume van die beskikbare grondwater, wat gewoonlik met behulp van boorgate ontgin word, is 0,6 kubieke meter per akker. Daarvan is 0,1 miljard kubieke meter per akker geregistreerde gebruik. Dit kom neer op 0,5 miljard kubieke meter per akker wat in dié provinsie vir toekomstige ontwikkeling beskikbaar is. Daar word egter geo-fisiese ontledings benodig om die ligging van boorgate te bepaal voordat dit gesink kan word.  


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.