On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: FairPlay doen beroep op regering om hoenderprodukte uit Brasilië te verban

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:07 Wed, 11 Dec 2019

Landbounuus-podcast: FairPlay doen beroep op regering om hoenderprodukte uit Brasilië te verban | News Article

Die nie-winsgewende handelsbeweging, FairPlay, doen 'n ernstige beroep op die regering om 'n totale verbod op die invoer van hoenderprodukte uit Brasilië te plaas.


Dít totdat Brasiliaanse veeartsenykundige inspekteurs kan bewys hul vleis is veilig. Francois Baird, stigter van dié organisasie,  sê die praktyk van Suid-Afrikaanse invoerders om hoenderporsies uit verskillende lande van oorsprong beskikbaar te stel, sonder voldoende naspeurbaarheid, dra daartoe by dat onveilige Brasiliaanse hoender in Suid-Afrikaanse winkels aangebied word. FairPlay se versoek kom nadat 11 voormalige werknemers van die Brasiliaanse pluimvee verwerker, BRF SA, in verband met voedsel veiligheid vervolg word. Hy sê Brasilië bly die belangrikste bron vir die invoer van hoender deur Suid-Afrika. 'n Rekordgetal van meer as 340 000 ton pluimvee produkte is in 2018 van Brasilië na Suid-Afrika ingevoer. Daarmee saam is 205 000 ton sover tot in September vanjaar ingevoer.

Dit het goed gereën verlede week in talle gebiede in die Vrystaat en Noordwes, asook die suidwestelike deel van die Noord-Kaap. Milde reën het egter kol-kol voorgekom met sekere gebiede wat min tot geen reën gehad het, veral in droogte-gebiede in die Noord-Kaap. Melanie Theron van die Oranjerivier-landbouvereniging, sê goeie reën het verlede week in die Langklip-Cnydas streek vanaf Upington tot teen die Namibiese grens voorgekom. Daar is in sekere gebiede naby die Nakop-grenspos waar tussen 40mm en 75mm reën gemeet is, terwyl daar kitsvloede in Upington was. Theron sê daar was egter vandeesweek geen opvolgreën in dié gebiede nie. Agri Noord-Kaap se Janine Byleveld, sê van verlede Vrydag tot en met Dinsdag vandeesweek het dit kol-kol in dié provinsie gereën. In die suidelike deel het die Sutherland-gebied tussen 0mm en 40mm reën gehad en in die oostelike deel by Prieska het reënvalsyfers van 04mm tot 44mm gewissel. Sy sê in die sentrale deel by Groblershoop het dit tussen 20mm en 70mm en in die verre noordelike deel by Kuruman tussen 05mm en 40mm gereën.  

EN

Die droogte in die Noord-Kaap is een van die ergstes in 'n dekade, wat ook 'n emosionele uitwerking op plaaslike boere het. Dié boere se situasie word egter deur Suid-Afrikaners verlig in terme van droogtehulp en emosionele ondersteuning. Dit is volgens Carl van der Merwe van die plaas Stofbakkies in die Van Wyksvlei-gebied. Hy sê met die negatiewe impak van die voort slepende droogte het hy en sy vrou Shanie hulp van Suid-Afrikaanse weldoeners ontvang. Dit sluit veevoer skenkings in.   Shanie sê daar is baie uitdagings in dié moeilike omstandighede. Sy sê mettertyd is dit noodsaaklik om oor alles te kan lag, omdat daar so baie negatiewe aspekte is wat haar raak. 


OFM News


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.