On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS Rooivleisprodusente-organisasie beklemtoon belangrikheid van vervoerpermit

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:40 Fri, 13 Dec 2019

Landbounuus-podcast: VS Rooivleisprodusente-organisasie beklemtoon belangrikheid van vervoerpermit | News Article

Die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, in die Vrystaat beklemtoon opnuut die belang daarvan om 'n bykomende vervoerpermit, wat ook 'n verkopersverklaring is, te bekom wanneer hulle handel met vee dryf.


Dié dokument word deur die RPO asook die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling versprei, nadat 'n tydelike verbod op die samekoms van spleethoewige diere, wat van meer as een bron afkomstig is, geplaas is. Volgens Nevile Raath is dié tydelike verbod weens nog 'n uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo. Volgens Raath moet dié bykomende kopersverklaring voltooi word, omdat kopers daarop verklaar dat hul plase siektevry is. Hy sê op dié verklaring moet die ligging van plase onder meer aangedui word en verkopers van spleethoewige diere moet dit bykomend voltooi tot die bestaande veeverwyderingsertifikate en vervoerpermitte, wat Artikel 6 en Artikel 8 insluit, en wat beskikbaar gestel is luidens identifikasie en veediefstal wetgewing. Die dokument is op die landboudepartement se webtuiste beskikbaar. Die RPO in die Vrystaat se streeksverteenwoordigers versprei dié dokumente ook.

Die Suid-Afrikaanse landboubedryf het die afgelope jaar die wind van voor gekry weens onder meer droogtetoestande, politieke onsekerheid, die uitbrekeing van bek-en-klouseer asook die swak ekonomiese groei. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê boere en hul plaaswerkers moet egter vasbyt want daar is hoop. Wilken het in sy Kersfees- en Nuwejaarswense aan OFM-luisteraars gesê hy glo vas die draaipunt in die landboubedryf gaan in 2020 wees.

Die droogte is nog nie gebreek in sekere dele van Noordwes nie, al het dit die afgelope twee weke wyd gereën. Die nuwe seisoen bring egter hoop. Dit is volgens die president van Agri Noordwes, Willem de Chavonnes Vrugt, wat glo dat 2020 'n nat jaar gaan wees.

EN

Daarmee saam sê Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, daar is groot dankbaarheid vir Suid-Afrikaners wat omgee vir die landboubedryf en skenkings gemaak het aan landbougemeenskappe in dié droogtegeteisterde provinsie. Hy sê boere moet moed hou en vas bly staan in hul geloof en hoop op goeie reën.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.