Agriculture
Landbounuus-podcast: Agri-fokus hoogtepunte van 2019─── CHRISTAL-LIZE MULLER 10:20 Wed, 18 Dec 2019
In hierdie Agri-nuus bulletin fokus ons op ‘n Agri-fokus-instestel wat die top stories van die afgelope twee maande uitlig.
Die Departement van Landbou se tydelike moratorium op veilings van lewende hawe in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes ná die uitbreking van bek-en-klouseer in Molemole in Limpopo, saai paniek. Koos van der Ryst, voorsitter van die nasionale RPO, sê dit tydelike staking van veilings in die vier provinsie gaan nie die probleem oplos nie en die staat moet bek-en-klouseer met groter erns hanteer. Volgens hom is die wyse waarop dié virussiekte sedert die eerste uitbreking in die Vhembe-distrik ook in Limpopo in Januarie vanjaar, nie doeltreffend hanteer nie. Hy sê die beweging van lewendehawe moet tot 'n minum beperk word, maar om veilings tydelik te staak sal die probleem vererger.
In nog ‘n storie: Die Departement van Landbou in die Noord-Kaap het begin om sy implementeringsplan vir droogtetoestande in dié provinsie uit te voer. Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement, sê droogtekoeponne ter waarde van R11 miljoen sal aan boere in die dorre Namakwaland uit gedeel word. Dié inisiatief kom nadat R30 miljoen deur die provinsiale regering vir veevoerskenkings beskikbaar gestel is. Luphahla sê die Namakwaland-distrik word die ergste geraak deur die voortslepende droogte, maar die aansoekproses vir dié droogtehulp in dié distrik het reeds gesluit. Hy doen egter 'n beroep op boere in ander distrikte om spoedig aansoek te doen. Hulle het nog tyd en moet slegs die korrekte aansoekproses volg.
EN
Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte wat ten doel het om landbougemeenskappe in droogtegeteisterde dele van die land te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland kan verkry en skenkings kan doen. Geldelike skenkings of ander bydraes kan op dié webtuiste aan bestaande projekte gemaak word. Skakels van organisasies, soos Agri SA se droogtehulpfonds, is op hierdie blad beskikbaar. Gaan na [ofm.co.za,]ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jonste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop. Deel ook jou droogtehulpprojekte met OFM en stuur 'n e-pos na [news@ofm.co.za]news@ofm.co.za of WhatsApp na 084-222-9497.
OFM-nuus
