Agriculture
Landbounuus-podcast: Agri-fokus hoogtepunte van die afgelope twee maande─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:34 Thu, 19 Dec 2019
In hierdie Agri-nuus bulletin fokus ons op die top stories van die afgelope twee maande.
Verskeie landbou-organisasies het hul kommer uitgespreek oor die uitwerking wat beurtkrag op die bedryf en veral boere het. Vrystaat Landbou (VL), se president Francois Wilken, sê die jongste instel van beurtkrag deur die kragvoorsiener, Eskom, hou negatiewe gevolge vir voedselsekerheid in. Volgens hom trek boere en verskaffers voortdurend aan die kortste ent weens verskeie faktore en daarmee saam is die uitwerking van beurtkrag op kosproduksie katastrofies. Wilken doen 'n beroep op die regering om die probleem 'n prioriteit te maak. Intussen sê die Transvaalse Landbou-unie TLU SA, se president, Louis Meintjes, talle boere moet in dié heersende droogtetoestande en bloedige hitte hul besproeiingstelsels skeduleer, maar beurtkrag ry dit in die wiele. Volgens hom moet boere daarna streef om op hulself aangewese te wees en alternatiewe kragbronne soos sonkrag oorweeg.
In another story…
The controversial Vrede Dairy Project in the Free State is not a small project to tax payers. This is according to Roy Jankielsohn DA Leader in the Provincial Legislature and the Caucus Leader in reaction to the former provincial MEC of Finance, Elsabe Rockman, who testified before the Zondo Commission of Inquiry into State Capture. Rockman said this project was comparatively small as opposed to accruals worth billions faced by the provincial health and education departments. She testified these projects demanded urgent attention. Jankielsohn is of the opinion the Gupta-linked Estina dairy farm might not have been a priority project for Rockman, but it was a priority for the Gupta family. He says there were many discrepancies in Rockman's testimony.
EN…
Die aanbod van die volume wol oor die wêreld heen, is steeds onder druk. Dit word toegeskryf aan die voortslepende, knellende droogte in groot dele van Suid-Afrika en Australië. Heindrich Victor, bestuurder van veselbedryf by OVK, sê die volume wol wat verlede week deur makelaars in hul pakhuise ontvang is, is bykans 14% laer as die ooreenstememende tyd die vorige seisoen. Volgens hom het dié kwessie ook verlede week op die Nasionale Wol-kwekers-vereniging (NWKV) in die Noord-Kaap se jaarvergadering onder die loep gekom.
OFM-nuus
