Agriculture
Landbounuus-podcast: Agri-fokus - Top stories van die afgelope twee maande─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:13 Fri, 20 Dec 2019
In hierdie Agri-nuus bulletin fokus ons op ‘n Agri-fokus-instestel wat die top stories van die afgelope twee maande uitlig.
Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het 'n tydelike nasionale verbod op die versameling van gesplete hoefdiere, vanaf meer as een bron, geplaas. Dit sluit in die samekoms van diere op veilings of skoue en diere wat versamel word vir spekulatiewe doeleindes. Die departement en betrokkenes in die rooivleisbedryf sê in 'n gesamentlike mediaverklaring dat ingevolge Artikel 11 van die Wet op Dieresiektes van 1984, is dit die verantwoordelikheid van enige eienaar of bestuurder van eiendomme om alle redelike stappe te neem om die besmetting van diere met enige dieresiekte of parasiet te voorkom. Dit sluit die verspreiding daarvan vanaf 'n betrokke eiendom of dier in. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, sê enigiemand wat bek-en-klouseer versprei deur die beweging van diere kan derhalwe siviel en of strafregtelik aanspreeklik daarvoor gehou word.
In nog ‘n storie… Sowat 14 000 beeste op altesaam 11 kommersiële eiendomme in Limpopo het positief vir bek-en-klouseer getoets. Dit sluit sewe eiendomme in die Capricorn en onderskeidelik twee eiendomme in die Mopane en Vhembe munisipale distrikte in. Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling en betrokkenes in die rooivleisbedryf sê in 'n mediaverklaring van dié eiendomme waarop besmette diere in kwarantyn aangehou word, is daar vyf voerkrale en altesaam ses kommersiële teelplase. Al dié eiendomme wat geraak is, is direk of indirek gekoppel aan beeste wat op veilings verkoop is. Volgens die landboudepartement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, word verdere opvolgondersoeke en proefnemings gedoen om die omvang van die uitbreking te bepaal.
EN
Daarmee saam sê dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, dit is belangrik om daarop te let dat nie slegs veilings oor die land heen tydelik verban word nie. Hy sê die bymekaarkoms van spleethoewige diere, wat van meer as een bron afkomstig is, word nie toegelaat nie. Geleenthede waar diere op skou is en vir spekulatiewe doeleindes byeen is, is ook taboe.
OFM-nuus
