Agriculture
Landbounuus-podcast: Top stories van die afgelope twee maande─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:17 Fri, 20 Dec 2019
In hierdie Agri-nuus bulletin fokus ons op ‘n Agri-fokus-instestel wat die top stories van die afgelope twee maande uitlig
Die uitdagings wat Suid-Afrika se landboubedryf in die gesig staar, is onveranderd en bly steeds van groot belang vir Agri SA, al het dié organisasie se stuurman bedank. Dit is volgens Piere Vercueil, die waarnemende president van Agri SA, nadat Dan Kriek, wat vir twee jaar in dié posisie was, onverwags bedank het. Kriek het glo ná deeglike oorweging besluit om weens gesondheids- en stresverwante redes uit te tree. Vercueil sal ingevolge Agri SA se Grondwet as waarnemende president optree totdat dié organisasie se jaarkongres in Oktober volgende jaar plaasvind. Vercueil sê Kriek het 'n belangrikie rol gespeel om Agri SA as 'n invloedryke organisasie te posisioneer. Daar gaan voorgebou word daarop.
Die agribesigheid, GWK, met sy hoofkantoor in die Noord-Kaap, se grondslag is op boere geskoei, want dit is juis hulle wat dié besigheid se bestaansreg bepaal. Dit is volgens die GWK-groep se bestuurderende direkteur, Llwellyn Brooks, ná 'n suksesvolle mediatoer waarin boere in droogte geteisterde dele van dié provinsie besoek is. Die "Net 'n Druppel" inisiatief is in samewerking met Agri Noord-Kaap aangebied. Volgens Brooks is dié insiatief belangrik, omdat GWK, boere in die uitdagende toestande bystaan.
EN
'n Ernstige beroep word op kopers van lewende hawe en veral spleethoewige diere gedoen om toe te sien dat veilige diere aangekoop word. Dit kom nadat 'n tydelike verbod op die samekoms van dié diere vanaf meer as een bron geplaas is ná die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo. Dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, wat ook op die nasionale tegniese taakspan vir bek-en-klouseer is, sê kopers van vee moet nou versigting te werk gaan. Sowat 14 000 beeste op altesaam 11 kommersiële eiendomme in Limpopo het al sedert die begin van verlede maand positief vir bek-en-klouseer getoets.
OFM-nuus
