On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Noord-Kaapse sprinkaanplaag onder beheer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:28 Wed, 11 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Noord-Kaapse sprinkaanplaag onder beheer | News Article

'n Sprinkaanplaag op enkele plase in die Richmond, Hanover gebiede in die Noord-Kaap, en by Graaff-Reinet in die Oos-Kaap, is onder beheer.


Danie Jacobs, voorsitter van Agri Noord-Kaap se komitee vir omgewingsake, sê dit is 'n sporadiese sprinkaanplaag wat uitgebreek het op enkele plase waar dit gereën het. Hy sê die plaas in die Richmond-gebied waar 'n uitbreking was het baie reën die seisoen gehad.   Jacobs sê die plaag is in 'n opbouende fase, wat daarop neerkom dat indien boere en ander betrokkenes dit beheer en chemiese middels toe dien, kan die uitbreking onder bedwang gehou word in die gebiede waar dit uitgebreek het. Jacobs sê die moontlikheid dat sprinkane uitbroei in ander droogtegebiede in die Noord-Kaap is skraal. Hy sê daar is ook nie welige gras vir sprinkane in droogtegebiede om aan te wei nie.

EN

Intussen word 'n belowende verwagte kommersiële graanoes dié seisoen verwag, maar daar is steeds risiko's vir produsente voordat dié oes gelewer kan word. Goeie opvolgreën is nou noodsaaklik vir produsente in dié  somergraanproduksiegebiede, maar dit hou risiko's in. Dit is volgens dr. Dirk Strydom, 'n senior landbou-ekonoom en bestuurder van graanekonomie en bemarking by Graan SA (GSA), wat meen graadprobleme in onder meer mielies kan voorkom nader aan oestyd wanneer dit reën. Hy sê nat toestande word altyd deur boere verwelkom, maar daar is risiko's soos onder meer die voorkoms van onkruid en peste en plae.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.