Agriculture
Landbounuus-podcast: Nuutste veilingspryse vir lewende hawe bekend─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:38 Thu, 12 Mar 2020
‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf elke Donderdag op OFM se Before Dawn-program tussen 05:00 en 06:00 die weekliks veilingspryse, wat vir lewende hawe behaal is.
Derksen versprei dié inligting weekliks sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hy sê ondanks die feit dat beeste swaarder weeg aan die einde van die somermaande, wat die totale voorraad aangebied verhoog was die prys wat beeste behaal het op die veiling steeds goed. Daar was ook aanvraag vir diere. Die prys van speenkalwers was ook goed veral in die lig van speentyd wat in die volgende twee maande plaasvind. Volgens hom het slagbulle teen R21,84 per kg verkoop. Stoorlammers het vir R33,20 en vet lammers vir R32,50, gegaan. Vetskape het vir R26,12 per kg gegaan. Boklammers se prys was R38 per kg en bokooie R28,10 per kg.
EN
Pieter Moller het gesels met dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat. Mare gee o.m. sy mening oor wat die belangrikste bronne van risiko in die landbou is. Mare verduidelik ook wat die tipes risiko bestuur is.
OFM-nuus
