On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister oorhandig titelaktes aan gemeenskapstrusts in KZN

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:19 Thu, 12 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Minister oorhandig titelaktes aan gemeenskapstrusts in KZN | News Article

Begunstigdes van gemeenskapstrusts in KwaZulu-Natal sal eerskomende Saterdag titelaktes ontvang.


Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, sal dit oorhandig ná 'n besluit deur die interministeriële komitee oor grondhervorming verlede maand, dat titelaktes aan begunstigdes van grondeise oorhandig moet word in gevalle waar die staat grond beskikbaar gestel het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller doen verslag.

Steeds by grondsake... TLU SA oorweeg dit om munisipale belasting te boikot indien die regering voortgaan met onredelike verhogings in terme van die waarde van eiendomme. Bennie van Zyl, algemene bestuurder van TLU SA, en president van dié organisasie, sê dit is teleurstellend hoe die waardes van eiendomme, spesifiek in die landboubedryf, tot dubbel die huidge waarde aangepas word. Hy sê die verhogings is dubbelsinnig in die lig van die regering se poging met die grondwetwysiging om onteining sonder vergoeding, teen 'n nul vergoeding, moontlik te maak. Van Zyl moedig gemeenskappe aan om belangegroepe te vorm in hul onderskeie munisipale gebiede en in 'n dispuutverklaring aan te dring om antwoorde te kry.

Agri Noord-Kaap pas volgehoue druk toe op die regering om geld, wat beskikbaar behoort gestel te word vanweë die nasionale rampverklaring, aan rampgebiede te verskaf. Dit kom nadat die Noord-Kaap onlangs as 'n droogterampgebied verklaar is. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê die nodige inligting oor die toestande ten opsigte van die uitwerking van die droogte in dié provinsie is opgesom en aan Agri SA se risiko-lessenaar deurgegee. Dié inligting, asook inligting oor die droogtetoestand in ander geraakte provinsies, sal dan aan nasionale rampbestuur asook die nasionale departement van landbou verskaf word. Jansen sê dit is in 'n poging om druk toe te pas op die regering om geld vir droogtehulp te bewillig.

EN

Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbou-gemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Agri SA asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.