On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vermeende veediewe vas

───   11:43 Fri, 13 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Vermeende veediewe vas | News Article

Twee verdagtes van 20 en 21 jaar oud sal na verwagting vandag in die landdroshof in Welkom verskyn op 'n aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde vee.


Lede van die Welkom Openbare Orde (POP) -reaksie teen-bende-eenheid het Woensdag die twee vermeende veediewe inhegtenis geneem na 'n wenk ontvang is oor vermoedelike gesteelde skape by 'n woning in Thabong. Met hul aankoms het beamptes 10 skape in plakkershut gevind, tesame met twee karkasse. Die verdagtes was ook in die hut en is op die toneel gearresteer. By nadere ondersoek is daar ook R800 kontant in hul besit gevind. Die ondersoek duur voort.

EN

‘n Oos-Vrystaatse leierboer en bekende in georganiseerde landboukringe, het met OFM se Pieter Moller gesels oor ‘n paar interessante aktuele sake in die bedryf. Cassie Muller gee ‘n kort oorsig van waar die veebedryf tans staan ten opsigte van veilings, verkope en die ekonomie. Muller gee ook sy mening oor die regering se oproepe en huidige standpunt oor onteiening sonder vergoeding. Volgens Muller sal landbouers drasties werk daarvan moet maak om met banke en versekeringsmaatskappye om ‘n tafel te sit oor die gevolge van die konsep.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.