On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: #Coronavirus uitbreking beïnvloed wolpryse

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:12 Fri, 13 Mar 2020

Landbounuus-podcast: #Coronavirus uitbreking beïnvloed wolpryse | News Article

Die mees onlangse weeklikse nasionale wolveiling in Port-Elizabeth het swakker presteer teenoor die vorige veiling weens die algemene onsekerheid in wêreldmarkte ná die uitbreking van die coronavirus.


Heindrich Victor, bemarkingsbestuurder van vesel by OVK, sê met  dié virussiekte, wat nou as 'n wêreldwye pandemie verklaar is, het die Cape Wools-aanwyser met 0,7% en 120 punte laer verhandel. Dit het teen 'n skoonprys van R177,89 per kg gesluit. Hy sê die Australiese EMI het 'n groter afname van 2,6% gehad. Hy sê lang, fyn merino-vagte het steeds goed presteer en bo die markgemiddeld verhandel, terwyl kruisras- en nie-merinowol onder druk was. Volgens Victor is dit egter verblydend om te sien dat die volume wol wat deur makelaars in hul pakhuise ontvang is, altesaam 7,9% hoër was as die ooreenstemmende week van die vorige seisoen. Die volgende nasionale wolveiling is eerskomende Vrydag waar meer as 10 300 bale aangebied sal word. 

Altesaam 29 vleismerino-stoeterye van regoor die land trek saam in Bloemfontein vir dié genootskap se 40ste nasionale kampioenskap. Jan Vosloo, bestuurder van die SA Vleismerino-genootskap, sê 400 ramme is vir dié kampioenskap ingeskryf, waarvan 145 senior ramme onder 12 tot 24 maande is. Sowat 255 ramlammers ding ook mee. Ramlammers en senior ramme word ten toongestel in gewigsklasse. Hy sê daar gaan na verwagting vanjaar sterk kompetisie onder telers wees. Maandag word diere ontvang, geweeg en verdeel in klasse, waarna hulle geskeer word. Dinsdag en Woensdag vind die kampioenskapskou plaas. Wolbeoordeling word Dinsdag tydens die eerste vier klasse gedoen waaruit 'n wolkampioen aangewys sal word. Vosloo nooi belangstellendes uit om dié kampioenskap by die Bloemfontein Skougronde by te woon. Toegang is gratis.

EN

Agri Wes-Kaap het hom sterk uitgespreek oor Eskom se fase 4-beurtkrag, wat in 'n kritiese produksie-tydperk vir die landboubedryf in dié provinsie kom. Jannie Strydom, uitvoerende hoof, sê vrugteprodusente se piek-beproeiingstyd is grootliks verby, maar laatvariëteite en sitrusboorde het nog water nodig. Hy sê kritiese besproeiingstyd, wat nie weer ingehaal kan word nie, gaan weens beurtkrag verlore. Volgens Strydom is tuinboubedrywe in die algemeen ook energie-intensief, veral ten opsigte van die handhawing van die koueketting waarvoor stabiele elektrisiteitsvoorsiening benodig word. Dié koueketting se vereistes vir uitvoerstandaarde moet ook gehandhaaf word. Strydom sê beurtkrag hou groot skade vir die bedryf in geheel in, met pakhuise, fabrieke, voervoorbereiding vir diere, verwerkingsaanlegte, wynkelders, melkerye en plaasveiligheid wat geraak word. Volgens hom is die energiekrisis ‘n ramp vir die geldelike welstand van die landboubedryf, wat as 'n groot werkskepper beskou word. As kragvoorsiening drie keer per dag onderbreek word, raak dit ‘n enorme krisis.

 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.