Agriculture
Landbounuus-podcast: Vrese oor COVID-19 impak op voorsieningskettings─── 11:23 Mon, 16 Mar 2020
Vrese oor die moontlike ontwrigting wat die koronavirus (COVID-19) wêreldwyd kan hê op voorsieningskettings, het vrae laat ontstaan of Suid-Afrika voedseltekorte op die mediumtermyn kan ondervind.
Hoofekonoom vir die Landbou sakekamer, oftewel Agbiz, Wandile Sihlobo, meen vanuit 'n nasionale perspektief twyfel hul of dit die geval sou wees; ten minste vir die meeste voedselprodukte. Suid-Afrika is 'n land wat deur landbou toegerus is, en meestal 'n netto uitvoerder van landbou- en voedselprodukte is. Boonop is daar 'n vooruitsig op 'n goeie graan-en vrugte-oes vanjaar, wat plaaslike voorraad sal verhoog.
EN
Nadat dit vir ses agtereenvolgende kwartale op vlakke onder die neutrale 50-punt vlak gebly het, het die Agbiz Vertrouensindeks vir landboubesighede met 6 punte verbeter tot 50 punte in die eerste kwartaal van 2020. Luidens Agbiz hoofekonoom, Wandile Sihlobo, impliseer 'n lesing op die neutrale 50-punt vlak of hoër dat landboubesighede relatief optimisties is oor sakeomstandighede. Hierdie opname is uitgevoer tussen die laaste week van Februarie en die eerste week van Maart vanjaar, voordat die verspreiding van COVID-19 oor verskeie geografiese gebiede verskerp het. Die indeks dek landboubesighede wat in alle landbousubsektore regoor Suid-Afrika werk.
Sihlobo voeg by hoewel hulle tevrede is met die verbetering in Suid-Afrika se sentiment vir landboubesighede in die eerste kwartaal van hierdie jaar, twyfel hy of dit egter volgehou sal word. Die fundamentele dryfveer vir die optimisme in die sektor is die verbeterde weerstoestande, met die verwagting dat daar gevolglik hoër landbouproduksie sal wees. Die uitdagings waarvoor die sektor moet waak, is egter 'n moontlike afname in die vraag van verskeie tradisionele uitvoermarkte en die laer pryse van landboukommoditeite ná die verspreiding van COVID-19. Dit sal op sy beurt die finansies van boere en die landboubedryf negatief beinvloed en moontlik die optimisme van die eerste kwartaal van 2020 omkeer.
OFM-nuus
