On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Pluimveebedryf nog nie deur #Covid-19 beïnvloed nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:28 Mon, 16 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Pluimveebedryf nog nie deur #Covid-19 beïnvloed nie | News Article

Die koronavirus (COVID-19) het nog nie 'n invloed op die plaaslike hoenderbedryf nie.


Dit is volgens Izaak Breytenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV), nadat dié virus in Suid-Afrika as 'n nasionale ramp verklaar is. Breytenbach sê in dié stadium voer Suid-Afrika min produkte vanuit China in. Hy sê dié virus kan moontlik tog 'n invloed op die plaaslike bedryf hê, omdat hoenderproduksie in China daarvolgens geraak word. Hy sê indien daar 'n tekort aan hoenderprodukte in die wêreld ontstaan, kan dit positief inwerk op die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf. Daarmee saam verwelkom Breytenbach, die tarief op ingevoerde hoenderprodukte wat deur die minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, aangekondig is. Hy meen dié tarief gaan die onregverdige handelskomponent nou beter aanspreek. Hy sê dié tarief het hoofsaaklik ten doel om die onwettige handel met ingevoerde hoenderprodukte te stop en dit vorm deel van die nasionale meesterplan vir die pluimveebedryf, wat ten doel het om dié bedryf te ontwikkel.

Intussen het die teenstortingsbeweging, FairPlay, ook die hoendertarief verwelkom wat deur die Suid-Afrikaanse regering bekendgemaak is, hoewel dit nie die aanvanklike tarief is wat deur die bedryf voorgestel is nie. Bert Griesel, bedryfshoof van FairPlay, sê dit is 'n verligting dat dié tarief bekendgemaak is en hulle gaan nou die meesterplan vir die pluimveebedryf in werking stel.   

EN

Die Landbousakekamer, Agbiz, voorsien nie dat daar in die onmiddellike toekoms 'n tekort aan voedsel weens die koronavirus in Suid-Afrika kan ontstaan nie, wat ontwrigting in wêreldwye voorsieningskettings kan veroorsaak. Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom van Agbiz, sê vanuit 'n nasionale perspektief is daar twyfel of tekorte kan ontstaan, ten minste wat die meeste voedselprodukte betref. Hy sê die invloed van die koronavirus op  verskaffingskettings wêreldwyd is nog in dié stadium nie 'n groot rede vir kommer plaaslik nie.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.