On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Bloemskou uitgestel weens Covid-19

───   11:25 Tue, 17 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Bloemskou uitgestel weens Covid-19 | News Article

Na aanleiding van Sondag se aankondiging deur Pres. Ramaphosa is die Covid-19- pandemie tot ‘n nasionale ramp verklaar.


Daaropvolgend het die Nasionale Kommissaris van die SAPD die goedkeuring aan verskeie organisasies, insluitende die Bloemskou, om openbare geleenthede in die nabye toekoms aan te bied, teruggetrek. Gevolglik het die raad en bestuur geen ander keuse gehad as om die Bloemskou, wat sou plaasvind vanaf 24 April tot 2 Mei 2020, te kanseleer nie. Hoof Uitvoerende Beampte, Me. Elmarie Prinsloo, sê in 'n verklaring hul is egter vol vertroue dat al die rolspelers, insluitend uitstallers, kunstenaars, borge, die landbou gemeenskap en lede van die publiek, begrip sal hê vir die situasie. Sy voeg verder by dat die raad en bestuur alle verwikkelinge dop hou, en hulle is daartoe verbind om alle rolspelers en belanghebbendes op hoogte te hou.

EN

Die Nasionale Raad van DBV's (NSPCA) sê dit het 'n vrugtevolle vergadering met die minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye (DEFF), Barbara Creecy, en die adjunk-direkteur-generaal van die departement, Shonisani Munzhedz, gehad. Die besprekings het gehandel oor natuurlewe in Suid-Afrika. Die Minister het die belangrike rol wat die DBV in die natuurbedryf speel, beklemtoon en bevestig dat die departement daartoe verbind is om die DBV op 'n hoëvlak-paneel te verteenwoordig. Hierdie paneel dien as 'n adviespaneel vir die minister en bestaan hoofsaaklik uit rolspelers in die bedryf. Daar is verder volgens 'n verklaring wat vanoggend uitgereik is bevestig dat 'n memorandum van verstandhouding tussen die departement en die DBV opgestel sal word om beter kommunikasie te verseker, sowel as om beter en meer effektiewe polisiëring van die Dierebeskermingswet nr. 71 van 1962 te verseker, met betrekking tot ander nasionale wetgewing en provinsiale ordonnansies wat deur ander entiteite afgedwing word.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.