On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrees vir voedseltekort ongegrond - kenner

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:00 Sun, 19 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Vrees vir voedseltekort ongegrond - kenner | News Article

Daar is in die stadium asook in die nabye toekoms nie vrese dat daar voedseltekort in Suid-Afrika weens die uitbreking van die koroanvirus kan ontstaan nie.


Dit is volgens die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, nadat die getal mense wat positief toets vir dié virus, in Suid-Afrika toeneem. Laubscher sê 'n goeie plaaslike  kommersiële mielieoes word verwag, wat goeie nuus is vir die grootste gedeelte van die Suid-Afrikaanse bevolking, wat op graan as stapelvoedsel, aangewese is. Hy sê daar is genoeg kosvorraad beskikbaar en daar is geen rede tot paniek nie.

Intussen sê die Rooivleisprodusente-organisasie se uitvoerende hoof, Gerhard Schutte, dié virus het nog nie 'n negatiewe invloed op dié bedryf plaaslik nie. Die RPO is deel van die tegniese taakspan wat  deur die minister van landbou, Thoko Didiza, saamgestel is om kwessies oor die koronavirus in landbou te hanteer en in 'n raadgewende hoedanigheid op te tree. Dié komitee het Donderdag vergader.

Die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel,  mag voorskrifte uitreik om verbruikers te beskerm teen uitermatige  onbillike prysbepalings op goedere en diense tydens die nasionae ramptoestand, wat in plek is weens die uitbreking van Covid 19 in Suid-Afrika. Dit kom nadat die regering  die nasionale ramptoestand amptelik gemaak het, met die publisering van die regulasies oor die implementering van dié voorsorgmaatreëls. Dié regulasie  vorm deel van die Wet op Rampbestuur wat Dinsdag deur die minister van samewerkende regering en tradisonele sake, Nkosazana Dlamini Zuma, onderteken is.  Ingevolge dié regulasies kan enige minister van tyd-tot-tyd voorskrifte in hul onderskeie mandate uitreik of verander in 'n poging om Covid 19 die hoof te bied. President Cyril Ramaphosa het Sondag die nasionale ramptoestand aangekondig in 'n poging om die groeiende aantal positiewe Covid-19-sake in Suid-Afrika te stuit.

EN

Intussen sê Statistieke SA (Stats SA) die welstand van sy werknemers asook ander belanghebbendes is vir hom prioriteit. Felicia Sithole van Stats SA, sê die situsie rondom die koronavirus word noukeurig gemonitor. Dit is in die lig van die bekendmaking van die sensus vir kommersiële landbou vir 2017 deur die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, eerskomende Dinsdag. Sithole sê dié  opname, wat ten doel gehad het om basiese kwantitatiewe inligting oor Suid-Afrika se kommersiële landbou te versamel vir die doeleindes van beplanning, beleidsformulering en voedselsekerheid, word steeds volgende week bekendgestel. Daar is egter voorsorgmaatreëls daarvoor in plek. Ingevolge  die verbod op die samekoms van 'n honderd en meer mense is die betrokkenes, wat dié geleentheid mag bywoon, beperk tot minder as 'n honderd mense.  Afgevaardigdes sal minstens 'n meter van mekaar af sit. Ontsmettingsmiddele sal beskikbaar wees, en na elke spreker gepraat het sal mikrofone ontsmet word.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.