On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wol onttrek tydens wolveilig weens #coronavirus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:06 Fri, 20 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Wol onttrek tydens wolveilig weens #coronavirus  | News Article

Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek op die 24ste nasionale wolveiling in Port-Elizabeth gebuig onder die voortslepende globale koronavirus.


Heindrich Victor, bemarkingsbestuurder van vesel by OVK, sê 'n derde van die totale wol wat aangebied is, is Woensdag onttrek. Hy sê dié grootste daling was 16,4% in die 19,5 mikron-segment en daar is in totaal 10 180 bale aangebied waarvan 51,4 verkoop is. Volgens Victor het die Cape Wools-aanwyser met 12,5 en met 2 220 punte laer verhandel en teen 'n skoonprys van R155,68, per kg gesluit. Die Australiese EMI het met 5,5% verswak. Victor sê die Rand het hierdie week 5,6% swakker verhandel teen die VSA Dollar en 1,7,% swakker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Op die OVK-veiling is 1 619 bale aangebied en 59,1% is verkoop.


EN

Daar is groot dankbaarheid onder landbougemeenskappe in die Noord-Kaap oor goeie reën wat in sekere gebiede verligting bring. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê opnames oor reënvalsyfers deur dié organisasie toon dat dit kol-kol reën en in talle streke in dié provinsie duur ramptoestande voort weens min tot geen reën. Hy sê in die Frazerburg-gebied toon opnames oor die oorlewing van die bossieveld dat daar reeds talle bossies gevrek het. Die sentrale en westelike gedeeltes is baie droog in dié gebiede. Jansen sê dit is verblydend dat dit kol-kol begin reën in die Noord-Kaap, wat as 'n droogterampgebied verklaar is. Daar is groot hoop dat die reën sal uitbrei na gebiede waar die droogte steeds sy tol eis.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.