On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Verbruikers aangemoedig om paniekaankope te staak: Agri SA

───   11:33 Mon, 23 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Verbruikers aangemoedig om paniekaankope te staak: Agri SA | News Article

Die toename in COVID-19 gevalle in Suid-Afrika is ‘n groot kommer vir almal.


Die stappe wat deur die regering geneem is om die verdere verspreiding van die virus te bekamp, moet deur almal ondersteun word. Dit, volgens Agri SA. Christo van der Rheede, Agri SA Adjunk-Uitvoerende Direkteur, sê in 'n verklaring vanoggend die landbousektor werk daarom saam met die regering om die voorsiening van vars en noodsaaklike landbouprodukte te prioritiseer en te waarborg. Die waardekettings wat die produkte daagliks voorsien, het die nodige voorsorgmaatreëls in plek om werkers te beskerm en om voorraad deurlopend te skuif. Van der Rheede sê verder in geval van verdere inperkings, sal die oes, prosessering, verspreiding, aflewering en verkope van landbouprodukte en kruideniersware hiervan vrygestel word. Van der Rheede wil Suid-Afrikaners verseker dat die landbousektor midde van hierdie krisis sal voortgaan om ons land te voed.

EN

Die nuutste syfers wat Statistieke Suid-Afrika die afgelope week vrygestel het, toon aan dat die land se voedselprysinflasie in Februarie vanjaar tot 4,2% geklim het, op van 3,7% op 'n jaargrondslag die vorige maand. Hierdie toename is volgens Landbou Sakekamer, Agrbiz, se hoofekonoom Wandile Sihlobo hoofsaaklik gegrond op relatiewe prysstygings van vleis; melk, eiers en kaas; olies en vette; en groente. Dit verander egter nie Agbiz se siening dat die ontwikkeling van graan, vleismark en vrugte die belangrikste dryfvere sal wees vir die rigting van voedselprysinflasie hierdie jaar nie. Hierdie drie voedselkategorieë is verantwoordelik vir bykans twee derdes van Suid-Afrika se voedselprysinflasie. Teen hierdie agtergrond is Agbiz oortuig dat Suid-Afrika se voedselprysinflasie in 2020 ongeveer 4,0% sal wees. In hierdie scenario sal die opwaartse druk grootliks van vleis afkomstig wees; hoofsaaklik in die geval van rooivleis, en 'n moontlike effense styging in pluimveeprodukte as gevolg van 'n onlangse tariefaanpassing.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.