On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri SA verwelkom nasionale inperking

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:23 Tue, 24 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Agri SA verwelkom nasionale inperking | News Article

Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging van 'n nasionale inperking vanaf eerskomende Donderdag om middernag, vir 21 dae, is uiterste maatreëls wat nodig is.


Dit is volgens Agri SA se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl, wat meen Suid-Afrika is 'n hoë risiko land in terme van sy groot bevolking, met talle wat MIV/Vigs en tuberkulose het. Van Zyl sê dit is juis daarom noodsaaklik dat mense moet tuisbly in 'n poging om beweging te beperk. Die landboubedryf is een van die potensiële dienste wat egter nie geraak word deur die inperking nie en boerderypraktyke kan voortgaan. Hy sê uit 'n landbouperspektief gaan dinge voort, maar daar is maatreëls wat deur die regering afgekondig gaan word wat bepaalde stipulasies bevestig in terme van die nasionale inperking en hoe die landboubedryf geraak word.

Daar is kommer oor veral vroulike produsente, wat ouer as 50 is, wat nou op plase en kleinhoewes geteiken word. Dit is volgens dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), nadat Wilna Swanepoel, 66,  van die plaas Môrester in die Bothaville-distrik, Sondagaand wreed aangeval is. Daarmee saam is Dries van der Walt van die plaas Driekop  by Tweeling in 'n bestek van minder as 24 uur ook op sy plaas aangeval. Hy is Maandagoggend kort voor 06:00, nadat hy sy diere gevoer het, deur 'n aanvaller met 'n vuurwapen in sy lapa gedreig. Nog drie booswigte het by hul makker aangesluit. Vuurwapens is geroof. Van der Walt is met die vuis geslaan, terwyl Swanepoel herhaaldelik met messe gewond is. Sy is steeds in die waakeenheid in 'n hospitaal in Klerksdop in 'n kritieke, maar stabiele toestand. Buys sê in die eerste week vandeesmaand was daar twee aanvalle op plase by Verkykerskop en Marquard, waar twee produsente aangeval is. Drie van die aanvalle in Maart in die Vrystaat sover was op vroulike produsente, en slegs een aanval was op 'n manlike produsent.

Intussen sê Tommie Esterhuyse, vise-president van Vrystaat Landbou (VL), daar moet nie verslap word in terme van landelike veiligheid nie. Daar moet nou juis daarop gekonsentreer word want daar kan 'n toename verwag word in aanvalle op plase en kleinhoewes met die koronavirus wat 'n stewige greep op Suid-Afrika het.

EN

Nog verskeie landbougeleenthede is gekanselleer nadat pres. Cyril Ramaphosa 'n nasionale inperking aangekondig het in 'n poging om die Covid-19-pandemie te bestuur. Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging,  Aziz Sulliman, sê talle organisasie staan nou voor moeilike besluite, want dit is onmoontlik om te voorspel wat die uitkomste en tydlyn van dié pandemie gaan wees. In die lig van dié onsekerheid en die regering se streng maatreëls, het dié vereniging besluit om die AVI Africa-pluimveekonferensie en ekspo, wat vanaf 9 tot 11 Junie in Gauteng sou plaasvind, te kanseller. Die situasie sal in 'n later stadium hersien word om te bepaal wanneer die volgende konferensie, wat twee jaarliks plaasvind, aangebied sal word.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.