On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Organisasies doen beroep op lede tot groter waaksaamheid

───   11:40 Wed, 25 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Organisasies doen beroep op lede tot groter waaksaamheid | News Article

Beide Agri SA en TLU SA doen ‘n beroep op hul lede tot groter waaksaamheid.


Die polisie word ook gevra om in dié tyd hulle sigbaarheid in landelike gebiede te handhaaf. Luidens 'n gesamentlike verklaring wat vandag uitgereik is, sê albei landbou-organisasies hulle besef dat daar baie druk op die polisie is en daarom het hulle onderneem om saam met die polisie te werk om toe te sien dat die landboubedryf in ‘n veilige omgewing kan voortgaan met voedselproduksie. In die President se uitbreiding van die verklaring van ‘n ramptoestand om die verspreiding van COVID-19 te bestry, is die landboubedryf as een van die essensiële sektore uitgewys. Dit bevestig weer eens die strategiese waarde van dié sektor om in die ramptoestand voort te gaan om die bevolking te voed en voedselsekerheid te handhaaf.  Die veiligheid van die sektor is dus ook van strategiese belang in die rol wat hy as ‘n noodsaaklike sektor moet speel.  Die twee organisasies doen verder ‘n beroep op hul lede om beskerming in plek te hou en verskerpte veiligheidsmaatreëls te handhaaf. Skakeling met plaaslike beveiligingstrukture, die instandhouding van die plaasgemeenskap se beskermingsmaatreëls en die daarstel van ‘n plaaslike gebeurlikheidsplan in samewerking met die polisie is van die aspekte wat nou plaaslik aandag moet geniet.


EN


Die bekende landbou-ekonoom, Dr Johnny vd Merwe, het met Pieter Moller gesels oor die omstrede Artikel 25-wysiging van die Grondwet. Van der Merwe verduidelik hoekom hy van mening is dat die regering waarskynlik eers staats- en munisipale grond sal beskikbaar stel vir onteiening, voordat produktiewe kommersiele landbougrond vir hierdie doel aangewend sal word.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.