On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landboubedryf moet voorgeskrewe maatreëls streng toepas

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:45 Wed, 25 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Landboubedryf moet voorgeskrewe maatreëls streng toepas | News Article

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, se versekering dat landboubedrywighede voortgaan ten spyte van die 21 dae inperking, beteken nie dat daar buite die bepaalde maatreëls gehandel kan word nie.


Reggie Ngcobo, woordvoerder van dié departement, het aan OFM-nuus gesê by veilings moet die beperking van die samekoms van minder as 'n honderd mense, streng toegepas word. Hy sê die uitvoer en invoer van kritieke landboukommoditeite en die logistieke maatreëls duur ook voort om voedselsekerheid te verseker. Ngcobo sê dit is nie net beperk tot kleinhandelaars nie, maar die hele voedselwaardeketting. Dit sluit ook alle ondersteuningsfunksies, wat die doeltreffende lewering van die landbouvoeselstelsel verseker, in. Hy sê Suid-Afrika is egter in die gunstige posisie om selfversorgend te wees. 

Intussen sê Agri SA se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl, wat kommunikasie hanteer namens die landbouminister, Thoko Didiza se raadgewende paneel - waarop betrokkenes in die bedryf dien in 'n poging om die Covid-19 virus te bestuur - die komitee se hoofdoel is om die hele voedselketting produktief te hou. Hy sê die voedselketting moet deeglik en doeltreffend bestuur word.  Volgens van Zyl is daar in dié stadium nie groot kommer in terme van die Suid-Afrikaanse voedselwaardeketting in dié verband nie. Van Zyl sê daar is ook nie kommer oor Suid-Afrika se verwagte graanoes nie weens die goeie reën dié seisoen. Hy sê enige beperkings op die invoer van kommoditeite, soos koring sal later in ag geneem moet word, veral  met betrekking tot beperkings van koring wat ingevoer word van ander produserende lande.

EN

Statistieke SA (Stats SA) raam daar is sowat 40 duisend kommersiële boere in Suid-Afrika. Dit kom nadat Stats SA Dinsdag sy verslag vir die sensus van kommersiële landbou in 2017 bekendgestel het. Joe de Beer, adjunk-direkteurgeneraal vir ekonomiese statistieke by Stats SA, sê in terme van kommersiële boere is daar gefokus op alle  boerderybedrywe wat vir belasting geregistreer is. Daarmee saam kan daar moontlik meer  boere wees,  maar diegene wat op 'n kleiner skaal boer is nie deel van die opname gewees nie. Hy sê die Vrystaat is die provinsie met die hoogste getal plase in 2017. Stats SA raam bykans 7,50 miljoen hektaar van die grond in die Vrystaat word deur kommersiële boere gebruik. Dit is bykans  60% van die totale oppervlakte en die 8000 kommersiële boere in dié provinsie verteenwoordig sowat 20% van die nasionale omset van boere in die land. Dit kom neer op  nagenoeg R47 miljard in 2017. Daarmee saam is daar 7000 kommersiële boere in die Wes-Kaap gevolg deur sowat 5000 boere in onderskeidelik Noordwes en die Noord-Kaap.


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.