On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vooruitsigte vir 'n goeie kommersiële graanoes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:29 Thu, 26 Mar 2020

Landbounuus-podcast:  Vooruitsigte vir 'n goeie kommersiële graanoes | News Article

Die vooruitsigte in die graanbedryf vir 'n goeie kommersiële graanoes dié seisoen, is voorlopig deur die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) in sy oppervlakte en tweede produksieskatting vir somergewasse bevestig.


Hoewel dié oes nog nie finaal gelewer is nie, is dié vooruitsig gunstig - veral om voeselsekerheid in die land met die uitbreking van die Covid-19 virus te verseker. Die NOK het gister die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes  op 14,809 miljoen ton gestel. Dit is 1,71% meer as die vorige skatting van 14,5 miljjoen ton. Die hersiene skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,611 miljoen hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 5,67 ton per hektaar is. Dié geskatte mielie-oes is 31% groter as die oes van 2019. Marda Scheepers van die NOK sê die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, is die grootste mielieproduserende provinsies en sal na verwagting 83% van dié oes lewer. Die hersiene oppervlak onder witmielies is 1,616 miljjoen hektaar en vir geelmielies is die oppervlak 994 500 hektaar. Daarmee saam is die produksieskatting vir witmielies 8,523 miljoen ton, wat 2,86% meer as die vorige skatting is. Die opbrengs van witmielies is 5,27 ton per hektaar. Die produksieskatting vir geelmielies is  6,28 miljoen ton, wat 0,20% meer is as die vorige skatting en die opbrengs is 6,32 ton per hektaar.  

EN

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.