On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Paniekaankope onnodig, sê minister

───   11:22 Fri, 27 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Paniekaankope onnodig, sê minister | News Article
Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza

Die rampbestuurwet het die landbousektor en voedselvoorsiening as 'n noodsaaklike diens verklaar.


Dit beteken dat dit optimaal moet funksioneer om te verseker dat daar voldoende, veilige en voedsame voedsel, landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling is. Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het herhaaldelik gesê dat daar geen paniekaankope van voedsel nodig is nie, en dat dit slegs sal dien om 'n kunsmatige skaarste te skep. Daar was Donderdag lang rye kopers buite baie winkels, veral kruidenierswinkels, soos wat mense voorberei het vir die 21-dae-inperking. Die minister het die publiek gerus gestel dat daar voldoende voedselvoorraad te midde van die pandemie is, nadat president Cyril Ramphosa die nasionale inperking aangekondig het.

EN

OVK, in oorleg met betrokkenes soos Cape Wools en die Suid-Afrikaanse wolkopersvereniging, Sawamba, het besluit om alle veselaktiwiteite in dié bedryf vir eers op te skort. Dié besluit kom te midde van die nasionale inperking weens die koronavirus. Heindrich Victor, bemarkingsbestuurder van vesel by OVK, sê hoewel die landboubedryf as 'n noodsaaklike diens beskou word en kan voortgaan met bedrywighede was daar nie genoegsame duidelikheid oor die veselbedryf en of dit as 'n noodsaaklike diens beskou word nie. Volgens hom word  die oudit vir Responsible Mohair Standard (RMS) en Responsible Wool Standard (RWS), ook geraak en dit sal eers ná die inperkings hervat word. Sawamba se aangepaste veilingsdatums sal later bekendgemaak word. Tegniese veldienste rakende lewende hawe veilings sal onder streng voorwaardes voortgaan.  



OFM-nuus/Christal-Lize Muller

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.