On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Droogtehulp 'n uitdaging te midde van #Covid19

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:37 Mon, 30 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Droogtehulp 'n uitdaging te midde van #Covid19 | News Article

Dit is 'n uitdaging om droogtehulp aan boere in die Noord-Kaap te verleen veral met die nasionale inperking van 21 dae weens die Covid19-pandemie.


Dit is 'n uitdaging om droogtehulp aan boere in die Noord-Kaap te verleen, veral met die staat van inperking van 21 dae weens die Covid-19-pandemie. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê daar sal egter voortgegaan word met droogtehulpprojekte ondanks die uitdagings. Hy sê dit het kol-kol in dié droogtegeteisterde provinsie gereën, maar daar is gebiede wat steeds swaar trek en veevoer is skaars. Dit kom nadat dié provinsie as 'n droogterampgebied verklaar is. Jansen sê Agri Noord-Kaap bly steeds toegewyd om boere in nood te ondersteun, want die landboubedryf word as 'n essensiële diens geklassifiseer in die inperkingstydperk. Hy sê 60% van die Noord-Kaap gaan vir die afgelope vier jaar gebuk onder droogtetoestande en al het dit gereën trek produsente steeds swaar.  Boere is baie dankbaar vir die publiek se ondersteuning ten opsigte van droogtehulp en danksy verskeie geldinsamelingsprojekte kan 4 500 sakke voerpille in die komende maand versprei word.

EN

Die 64-jarige Dries Delport, 'n boer van die plaas Sterkstroom buite Boshof in die Vrystaat, wat die Covid-19-virus opgedoen het, is uit die Mediclinic Gariep in Kimberley ontslaan. Delport het met OFM-nuus gepraat en sê dit gaan onder  omstandighede goed met hom. Hy sê hy het positief getoets vir die virus nadat hy vroeër vandeesmaand 'n konferensie by 'n kerk in Bloemfontein bygewoon het. Sy vroue Daleen en seun Johan is ook getoets vir dié virus. Hulle sal na verwagting die uitslag van hul toets vandag ontvang.  Skakel Dinsdagoggend in op OFM se landbouprogram, Before Dawn, tussen 05:00 en 06:00 vir die volle onderhoud met Delport.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.