On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Neem #Covid19 ernstig op, sê boer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:27 Wed, 01 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Neem #Covid19 ernstig op, sê boer | News Article
Dries Delport/Foto: Verskaf

Die Brangus-teler wat tussen Boshof en Kimberley boer en aansterk op sy plaas, nadat hy positief vir die Covid-19-virus getoets het, vra Suid-Afrikaners om dié virus nie ligtelik op te neem nie.


Die 64-jarige Dries Delport sê daar is mense wat dink dit is 'n grap, en neem dié virus nie ernstig op nie. Delport raai mense aan om die regering se voorkomingsmaatreëls streng na te volg, veral diegene in die landboubedryf wat tydens die nasionale staat van inperking as 'n essensiële diens beskou word en kan voortgaan met bedrywighede. Delport en sy seun, Johan,  het vroeg in Maart 'n geestelike byeenkoms by 'n kerk in Bloemfontein bygewoon en vyf dae daarna erge griep simptome getoon. Sy toestand het verlede Sondag versleg en hy is per ambulans na die Mediclinic Gariep in Kimberley vervoer, waar hy vir 'n week suurstof en binneaarse behandeling ontvang het. Delport is Sondag uit die hospitaal ontslaan.  Sy seun Johan het intussen negatief vir die koronavirus getoets, terwyl sy vrou Daleen nog wag op die uitslag van haar toets.  Die Delports se enigste twee plaaswerkers het ook negatief getoets.


EN


Dr Johnny van der Merwe, ‘n bekende landbou-ekonoom, het met OFM se Pieter Moller onlangs gesels oor die invloed van die Coronavirus op die land se groete en vrugte pryse. Dr Van der Merwe brei ook uit op die invloed van die inperking op graangewasse



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.