On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Mense moet getoets word ná Kroonstad-veiling - LUR

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:13 Thu, 02 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Mense moet getoets word ná Kroonstad-veiling - LUR | News Article

Die Departement van landbou en landelike ontwikkeling moedig mense aan wat 'n lewende hawe veiling op 24 Maart in Kroonstad bygewoon het, om na vore te kom veral as hulle simptome van die Covid-19-virus toon.


Die LUR van landbou in dié provinsie, William Bulwane, sê 'n man wat positief getoets het vir dié virus het dié beesveiling bygewoon. Bulwane sê mense wat simptome toon, moet die provinsiale departement van gesondheid dadelik kontak sodat hulle getoets kan word vir die koronavirus. Bulwane het ook bevestig dat nog 'n boer van Harrismith in die provinsie in die Mediclinic Hoogland in Bethlehem behandeling ontvang, nadat hy positief vir dié virus getoets het. Bulwane sê dié boer se vrou en dogter is in self-kwarantyn. Mense kan ook hul plaaslike gesondheidsklinieke of 'n dokter besoek.

EN

Die Suid-Afrikaanse landboubedryf kan nou 'n sug van verligting slaak ná die aankondiging van 'n massiewe daling in die brandstofprys van 1 rand 76 sent per liter. Volgens die Sentrale Energiefonds het die groothandel-dieselprys van 0,5% swawelinhoud met onderskeidelik R1,34 per liter en R1,40 per liter vir Gauteng en die kusgebiede gedaal. Die gehalte van 0,005% swaweldiesel het onderskeidelik met R1,35 per liter en R1,41 per liter gedaal vir Gauteng en die kusgebiede. 'n Landbou-ekonoom van FNB, Paul Makube, sê die laer brandstofkoste kom op die regte tydstip omdat dit nou strooptyd is vir somer-graangewas-produsente. Die vroeë stadiums van die sitrus-oes-proses kom ook nader. Hy sê dit moet in gedagte gehou word dat die verspreiding van landbouprodukte oorheers word deur padvervoer, en dus neem die netto effek van brandstof af, wat die winsmarges vir produsente verbeter namate hulle die toenemende aktiwiteit in die sektor benut. Logistieke ondernemings in die landbouwaardeketting sal ook baat vind, omdat 80% van die graan per pad vervoer word.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.