On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Onderbreking in dié uitvoer skep reuse-probleem

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:50 Mon, 06 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Onderbreking in dié uitvoer skep reuse-probleem | News Article

Die onderbreekte uitvoer van Suid-Afrikaanse produkte, wat nie voedsel insluit nie, naamlik wol, katoen, wyn asook huide en velle, skep 'n reuse-probleem vir die landboubedryf se ekonomie.


Hoewel dié bedryf tydens die nasionale inperking van 21-dae as 'n noodsaaklike diens geklassifiseer word en daar voortgegaan kan word met bedrywighede, word dié produkte nie as noodsaaklik beskou nie. Dr. John Purchase, die uitvoerende hoof van die Landbousakekamer, Agbiz, sê daarom word daar nou daarop gefokus om die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, te oortuig om aanpassings aan die bestaande Covid-19-protokol te maak, wat gevolg moet word tydens die inperkingstydperk. 

Hy sê die regering moet ernstig aandag skenk aan dié kewssie sodat daar voortgegaan kan word met dié waardevolle ekonomiese prosesse. Daar is ook kwessies in die kleinhandelsektor soos die verkoop van warm kossoorte aan verbruikers, wat tydens die nasionale inperkingstydperk verbied word. Daarmee saam verloop die verspreiding van produkte na die informele bedryf, wat sowat 30% van die totale plaaslike verbruikersmark uitmaak, ook nie seepglad nie. 

EN

Boere tussen Prieska en Britstown in die Noord-Kaap het flink gereageer op 'n voorval waar vermeende veediewe op 'n plaas in dié gebied op heterdaad betrap is.  Piet Vos, ondervoorsitter van Agri Noord-Kaap se Prieska landbouveiligheidsektor-1, sê drie mans is op sy buurman se plaas in die veld betrap. Daar is vinnig gereageer deur boere om die booswigte aan te keer. Die polisie het ook vinnig gereageer.  

Volgens hom sal die verdagtes na verwagting op 'n aanklag van veediefstal in die Britstown-landroshof verskyn.

EN LAASTENS

Intussen sê Klaas Gouws, algemene bestuurder van Eskom in die Noord-Kaap, dit was vir hom teleurstellend om te verneem van 'n voorval waarin 'n werknemer van die kragvoorsiener na bewering in verband met veediefstal op 'n plaas agter tralies is. Hy sê die gereg moet sy verloop neem en Eskom sal sy volle samewerking in dié verband gee. Hy stel boere in dié provinsie verder gerus dat geen beurtkrag tydens die nasionale inperking weens die Covid-19-virus sal plaasvind nie.

Gouws sê verdagte optrede moet by Eskom by 0800-11-27-22 aangemeld word. 




OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.