On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister kondig #Covid19-hulpmaatreëls aan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:49 Tue, 07 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Minister kondig #Covid19-hulpmaatreëls aan | News Article
Minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza/ANA

Kommersiële boere sal hulle na Landbank en ander kommersiële banke moet wend vir lenings as hulle geldelike hulp benodig, veral nou midde in die Covid-19-pandemie.


Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het Maandag hulpmaatreëls in Pretoria aangekondig as deel van die departement se ingryping om die impak van dié virus te versag. Dit behels hulp van R1,2 miljard, wat hoofsaaklik aan kleinboere en boere in kommunale gebiede verleen gaan word. Volgens Didiza gaan R400 miljoen daarvan aan boere wat deel vorm van die departement se proaktiewe grondverkrygingsplan, terwyl geld ook aan die Landbank beskikbaar gestel is.

Kleinboere, wat met pluimvee, asook lewende hawe soos beeste, skape en bokke, boer, of groente en vrugte verbou, sal hulp ontvang. Dié Suid-Afrikaanse kleinboere kwalifiseer as hulle tussen R20 000 en R1 miljoen per jaar uit hul boerdery verdien. Hulle moet ook minstens 12 maande boer. Voorkeur sal aan vroue, jong mense en mense met gestremdhede gegee word. Dié hulp behels koopbewyse waarmee landboubenodighede bekom kan word. Die registrasieproses begin Woensdag en duur tot 22 April.

Intussen sê TLU SA se uitvoerende hoof, Bennie van Zyl, dié organisasie het nie 'n probleem met miljoene se regeringshulp aan kleinboere nie, veral as dit 'n poging is om die land se ekonomie 'n hupstoot te gee. Hy sê egter talle kommersiële boere, wat ook in geldelike nood verkeer weens onder meer droogtetoestande, moet by die Landbank of kommersiële banke vir lenings gaan aanklop.

Dit kom nadat die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, R1,2 miljard beskikbaar gestel het om hulp aan opkomende kleinboere te verleen tydens Suid-Afrika se stryd met die Covid-19-pandemie. Volgens Didiza moet kommersiële boere in dié tydperk op lenings by die Landbank en ander kommersiële banke staatmaak.  

EN

Die melkprodusente-organisasie, MPO, stel plaaslike verbruikers gerus dat melkboere en -verwerkers toegewyd is om aan die land se suiwelbehoeftes te voldoen. Dit is ook belangrik om daarop te let dat die Covid-19-virus nie deur gepasteuriseerde melk oorgedra kan word nie. Daarmee saam sê dié organisasie met die nasionale staat van inperking wat al halfpad is, is gesonde selfregulering op plase 'n vereiste vir produsente, juis omdat miljoene mense daagliks van melk en melkprodukte afhanklik is.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.