On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK-boere aangemoedig om #Covid19-hulpverlening te gebruik

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:22 Wed, 08 Apr 2020

Landbounuus-podcast: NK-boere aangemoedig om #Covid19-hulpverlening te gebruik  | News Article

Die LUR van landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling in die Noord-Kaap, Nomandla Bloem, moedig klein- en bestaansboere aan om nou vir die nasionale landboudepartement se Covid-19-hulpverlening van R1,2 miljard, aansoek te doen.


Die aansoekproses is oop en duur tot 22 April. Dit kom nadat die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, vandeesweek aangekondig het dié hulp is hoofsaaklik vir opkomende kleinboere wat geldelik onder druk is. Kommersiële boere kan hulle tot die Landbank en kommersiële banke wend. Bloem sê voedselsekuriteit in die Noord-Kaap is van groot belang en sy moedig hierdie boere aan om van dié reddingsboei gebruik te maak. 'n Maksimum van R50 000 per boerdery is goedgekeur aan kleinboere wat aansoek doen. Dié boere sal egter nie geld ontvang nie, maar koopbewyse waarmee hulle benodighede vir hul boerdery kan aankoop. Dié koopbewysstelsel is in samewerking met verspreiders en vervaardigers van landbou-insette.

Intussen sê dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbou-organisasie vir familieboere, Saai, kommersiële boere se landbouskuld beloop al sowat R126 miljard en slegs R100 miljoen is by die Landbank beskikbaar vir lenings aan sy kommersiële kliënte. Dit kom nadat Thoko Didiza vandeesweek tydens haar aankondiging oor die R1.2 miljard se hulpverlening aan hoofsaaklik kleinboere, gesê het kommersiële boere kan hulle tot banke wend. De Jager sê kleinboere speel 'n rol in die handhawing van huishoudelike voeselsekerheid in arm gebiede in die land, maar hulle dra nie grootliks by tot die verskaffing van kos op winkelrakke nie. Volgens hom is boere skepties oor die departement se vermoë om 'n beduidende bydrae te lewer na dié aankondiging. Van Saai se lede, wat begunstigdes van grondhervorming is, het nog nie eens geld ontvang soos beloof deur die regering om hul boerderey-bedrywighede van die grond af te kry nie.

EN

Die DA in die Noord-Kaap het 'n beroep gedoen op die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, om die departement se Covid-19-hulpverlening van R1,2 miljard te hersien, sodat kommersiële boere ook ingesluit kan word. Andrew Louw, die DA  se provinsiale leier, sê die hulp word verwelkom, maar daar moet 'n balans wees.




OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.