On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Droogtegeteisterde NK-boere 'moet ook om #Covid19-hulp aansoek doen'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:33 Thu, 09 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Droogtegeteisterde NK-boere 'moet ook om #Covid19-hulp aansoek doen'  | News Article

Dit is nou die tyd om as 'n land te verenig en saam te staan teen die Covid-19-pandemie.


In die landboubedryf moet alle produsente skouer aan die wiel sit om kos te produseer. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê  daar is begrip vir die  departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se ingryping van R1,2 miljard  om  Covid-19-hulp aan hoofsaaklik opkomende kleinboere te verskaf. Dit is in 'n poging om voortgesette produksie te verseker sodat kos op winkelrakke beskikbaar is en die informele sektor het dié kapitale inspuiting nodig, maar dié boere asook kommersiële boere trek weens droogtetoestande in dié provinsie swaarder as wat hulle deur die Covid-19-virussiekte geraak word. Jansen sê juis daarom het Agri Noord-kaap besluit kommersiële boere, wat aan die departement se kriteria vir dié Covid-19-hulp voldoen, moet ook soos opkomende kleinboere aansoek doen om regeringshulp te ontvang. Dit in 'n poging om die reuse-beperking wat daar op produksie is weens die droogte, aan te spreek, al is die departement se siening aanvanklik gewees dat die R1,2 miljard vir diegene bestem is wat deur die koronavirus geraak word.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingpryse wat op lewendehawe-veilings behaal is. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as indeksgebied gebruik. Hy sê akkurate pryse kan nie weergegee word nie, weens onsekerheid in die mark veral ten opsigte van maerder diere wat gevoer moet word. Hy sê stoorlammers en speenkalwers se prys is onder geweldige druk, terwyl die prys van diere soos onder meer boerbokke, wat vir die informele mark bestem is, ook nie goed vaar nie. Hy skryf dit toe aan tradisionele geleenthede in dié mark, wat tydens die nasionale inperking van 21 dae weens die Covid-19-pandemie, nie kan plaasvind nie. Derksen verskaf daarom slegs terugvoer oor prystendense.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.