On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor storms

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:22 Tue, 14 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor storms | News Article

Die DA het sy sogenaamde slim-model vir inperkingsmaatreëls bekendgestel, nadat pres. Cyril Ramaphosa die nasionale inperking van 21 dae weens die Covid-19-pandemie na die einde van vandeesmaand verleng het.


Volgens die DA se tussentydse leier, Johan Steenhuisen, is dié strategie aan Ramaphosa vir oorweging gestuur.  Hy sê daar is nie gevra vir 'n totale verligting van alle beperkings nie, want dit hou die risiko vir skielike toename in die infieksie in. Die DA se model is geskoei op 'n beurtkragrooster  of die verskillende fases van waterbeperkings soos in die Wes-Kaap van toepassing was. Dit behels vier fases, wat volgens kleur aangedui is, en sluit 'n  harde, sagter inperking asook 'n sagte en totale heropening in. Die landboubedryf word egter nie geraak deur die bestaande inperkingsprotokol nie, omdat landbou as 'n essensiële diens beskou word en met sy bedrywighede kan voortgaan.  Die DA se skaduminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Annette Steyn, sê dit is nou die tydperk vir dié bedryf om sy staal te wys.

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vandag 'n waarskuwing vir ernstige donderstorms, sneeuval, stormweer en gelokaliseerde oorstromings in verskillende dele van die land uitgereik. Oor die sentrale, suidelike en oostelike provinsies word wydverspreide donderstorms verwag. Erge donderstorms kan vandag oor die Vrystaat verwag word. Hierdie weerpatrone mag gelokaliseerde oorstromings in laagliggende gebiede tot gevolg hê, wat skade aan brûe en ander strukturele kan aanrig. 'n Koue front sal middag oor die sentrale en suidoostelike dele van die land beweeg.




OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.