On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Noord-Kaapse RPO-jaarkongres afgestel

───   11:19 Wed, 15 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Noord-Kaapse RPO-jaarkongres afgestel | News Article

Die Roovleisprodusente-organisasie, RPO, in die Noord-Kaap het sy jaarkongres, wat in Junie vanjaar sou plaasvind, afgestel.


Dit is weens die koronavirus-pandemie, en die grendelstaat waarin Suid-Afrika weens dié pandemie tans verkeer. Dié kongres is jaarliks 'n geleentheid om betrokkenes in die bedryf byeen te bring en oor polsende kwessies te praat, terwyl verskeie gassprekers inligting verskaf. Johan van der Colff, voorsitter van die RPO in dié provinsie, sê dié besluit is nie ligtelik deur bestuurslede geneem nie. Hy sê dié organisasie se Grondwet maak voorsiening daarvoor dat 'n jaarkongres nie 'n jaarlikse vereiste is nie. 'n Kongres kan tweejaarliks plaasvind. Dié kongres vind nou volgende jaar in die eerste week van Junie plaas. Van der Colff sê daar sal ook meer fokus wees op rooivleis-inligtingsdae wat jaarliks in drie onderskeie dorpe plaasvind, omdat produsente op grondvlak tydens dié geleenthede bereik word.

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom van die Noordwes-Universiteit, beskryf die huidige stand van die ekonomie in die landbousektor, en die lae vlakke van ekonomiese groei, as bykans dieselfde as tydens die “Groot Depressie” van 1931. Die Internasionale Monetêre Fonds het reeds aangedui dat ‘n verdere inkrimping van tot 7% verwag kan word in 2020. Die verlaging van die repo-koers deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank is juis ‘n aanduiding van die probleme wat tans op die ekonomiese front ondervind word. Die verwagting is egter steeds dat die resessie-siklus nog vir ‘n geruime tyd sal voortduur, wat ‘n negatiewe uitwerking tot gevolg het vir kommoditeitspryse op die medium- tot langtermyntydperk.

EN

Skotland is op die voorgrond van etiese suiwelboerdery met ‘n projek wat onlangs van stapel gestuur is om kalwers langer by hul moeders te hou. In hierdie navorsing behels dit dat etiese melkery as model ingespan word en sodoende die omgewings- en sosiale aspekte van boerderye kan verbeter. Die jaarlange loodsprojek is van stapel gestuur om die vordering van die stelsel op ‘n spesifieke plaas te betudeer en dan later op ander plase te toets.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Pieter Möller

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.