On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Tyd raak min om aansoek vir #Covid19-hulp te doen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:42 Wed, 15 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Tyd raak min om aansoek vir #Covid19-hulp te doen | News Article

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling doen 'n beroep op kleinboere, wat tussen R20 000 en R1 miljoen per jaar uit hul boerderye verdien, om aansoek te doen vir die regering se Covid-19-hulp van R1,2 miljard.


Die ingryping is verlede week deur landbouminister, Thoko Didiza, aangekondig. Dié departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die hulp sal in 'n koopbewysstelstel beskikbaar wees en boere moet opskud omdat daar slegs 'n week oor is om aansoek te doen. Hy sê alle kleinboere wat aan die kriteria voldoen vir dié hulp kan aansoek doen. Die webtuiste waar daar aansoek gedoen kan word: applications@dalrrd.gov.za

Intussen sê Saai, 'n netwerk vir familieboere, hy is in die proses om regsmoontlikhede te ondersoek om kleinboere by te staan wat probleme ondervind om aansoek te doen vir die regering se Covid-19-landbourampondersteuningsfonds van R1,2 miljard. Dit kom nadat talle klagtes van kleinskaalse boere regoor die land ontvang is. Dr. Theo de Jager, Saai se direksievoorsitter, sê daar word vermoed dié geld is bestem vir ’n klein getal mense met politieke bande, wat toegang tot senior amptenare in die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het. De Jager sê talle boere het nie toegang tot drukkers om sodoende ’n harde kopie van die voorgeskrewe vorms te kry nie. Diensverskaffers in landelike gebiede is ook tydens die inperkingstydperk gesluit. Diegene wat wel aansoekvorms kan uitdruk, kan dit ook nie indien nie omdat die departement se kantore te ver geleë of gesluit is. Saai het daarom 'n digitale vorm ontwerp wat aan die departement se vereistes vir dié aansoekproses voldoen, sodat dit verwerk, nagegaan en gemoniteer kan word. De Jager sê die regering op nasionale en provinsiale vlak kan egter nie 'n besluit oor dié digitale vorm neem nie, terwyl die spertyd vir aansoeke binnekort op 22 April is.

EN

In reaksie hierop het die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, in die Noord-Kaap sy lede aangemoedig om vir die Covid-19-hulp aansoek te doen. Johan van der Colff, voorsitter van die RPO in dié droogtegeteisterde provinsie sê, dit is vir rooivleisprodusente 'n teer kwessie dat nie alle boere hulp ontvang nie.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.