On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Aanlynkonferensie bespreek hoe landbou #Covid19 sal oorkom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:20 Thu, 16 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Aanlynkonferensie bespreek hoe landbou #Covid19 sal oorkom | News Article

Food For Mzansi in samewerking met Grobank se aanlynkonferensie wat handel oor die landboubedryf wat die Covid-19-pandemie sal oorkom, is tans aan die gang.


Kobus Louwrens, mede-stigter van Food van Mzansi, wat gemik is daarop om die beeld van boere oor die land heen te bevorder, sê daar is nog tyd om aanlyn in te skakel en die konferensie duur tot later vanmiddag. Verskeie sprekers soos dr. Vuyo Mahlatsi, president van die African Farmers Association of South Africa, AFASA, en  Christo van der Rheede, die uitvoerende adjunk-direkteur  van Agri SA, neem deel. Mahlati het gepraat oor die toekoms van kleinskaalse boerderye, terwyl Van der Rheede gepraat het oor die verandering van die beeld van landbou tydens en na die Covid-19-pandemie. Hy sê om in te skakel by die konferensie volg die hutsmerk Farmer's Webinar op Twitter of Facebook.

EN

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.

Veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste     - R25,20 per kg

B-klas beeste     - R19,57 per kg

C-klas vet koeie  - R18,63 per kg

Maer koeie        - R16,88 per kg

Slagbulle         - R20,89 per kg

Skape: 

Stoorlammers      - R31,04 per kg

Slaglammers       - R30,88 per kg

Stoorskape        - R20,01 per kg

Vetskape          - R21,07 per kg

Bokke:

Lammers           - R30,00 per kg

Ooie              - R20,33 per kg




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.