Agriculture
Landbounuus-podcast: Booswigte steur hulle nie aan grendelregulasies─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:18 Fri, 17 Apr 2020
Booswigte steur hulle nie aan die grendelregulasies nie, en boere lei daar onder.
Daarmee saam wil die minister van polisie, Bheki Cele, nie buurt-en plaaswagte toelaat om gebiede te patrolleer nie. Cele meen mense van dié instellings is nie aan enigiemand verantwoordbaar nie. Niemand kan ook optree teen hulle nie. Die verbod op dié patrollies geld dus steeds. Henk van de Graaf, voorsitter van TLU SA in die noordelike gebied, sê daar is oor die land heen 'n oënskynlike toename in diefstal van landbouprodukte, soos oes- en veediefstal. Kabeldiefstal vind ook plaas in sekere gebiede en dit is aan die toeneem. Van de Graaf sê die feit dat Cele plaaswagte en GPFs verbied om met hul normale patrolering en misdaadvoorkoming voort te gaan is 'n groot bron van kommer. Hy vra boere om waaksaamheid op hul plase dus te verhoog, al lê die krag in plaaswagte se onderlinge samewerking, en doeltreffende kommunikasie. Van de Graaf sê boere gaan nou hul eie noodmaatreëls instel teen verdagte beweging op hul plase, en dit gaan tot niemand se voordeel wees nie. Provinsiale regerings moet die kwessie nou dringend met die regering opneem.
Die bogemiddelde reënval wat vandeesweek oor dele van die sentrale binneland voorgekom het, kan nog deur enkele reënstelsels aangevul word, terwyl die gemiddelde daaglikse temperatuur daal, wat tot ryp en sneeu kan lei.
Landbouweekblad berig Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, sê benewens die eerste ryp wat reeds in die Suid-Vrystaat en die noordoostelike dele van die Noord-Kaap begin voorkom, het die eerste sneeu in die suidoostelike dele van die Drakensbergreeks voorgekom. Volgens Van den Berg is die voorkoms van hael, soos die skade in en om Kimberley 'n week gelede en vandeesweek se haelbuie by Welkom en in die noordelike dele van die land, te wyte aan 'n kombinasie van koue bolug-trôe en vogtige toestande. Groot haelkorrels het skade in die noordelike deel van Welkom aangerig en moontlik aan gewasse net noord van die stad.
EN
Die bekende politieke ontleder Theo Venter, wat verbonde is aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool in Noordwes, neem vanoggend deel aan 'n uitreik in Dewetsdorp.
OFM-nuus
