Agriculture
Landbounuus-podcast: Verwarring oor veilings tydens Covid-19-inperking─── CHRISTAL-LIZE MULLER 10:18 Mon, 20 Apr 2020
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is in die proses om finale uitklaring te kry in terme van die regulasies met betrekking tot algemene beheer met betrekking tot veilings van lewende hawe, tydens die nasionale Covid-19-inperking.
Dit kom nadat daar verwarring was oor die interpretering daarvan vir noodsaaklike dienste. Gerhard Schutte, hoofuitvoerende beampte van die RPO, sê dié organisasie het verskeie navrae hieroor ontvang, waarna 'n opname in al nege provinsies gedoen is. Dié opname het getoon dat verskeie drei-gemente is glo - deur die polisie - oor die aanbied van veilings gemaak. Volgens Schutte het polisielede glo gedreig om dié veilings te stop, maar daar is nog geen bevestigde gevalle daarvan aangemeld nie. Hy sê die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thokko Didiza, het dit aanvanklik baie duidelik gestel dat veilings van lewende hawe as deel van noodsaaklike dienste kan voortgaan.
EN
Daarmee saam het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se woordvoerder, Reggie Ncgobo, aan OFM-nuus gesê aanlyn- of virtuele veilings word tydens die nasionale inperking weens die Covid-19-pandemie, aanbeveel. Hy sê indien veilings van lewende hawe op die tradisionele manier aangebied word, moet daar aan die bestaande voorsorg-maatreëls voldoen word. Van die regulasies - met betrekking tot die aanbied van lewende hawe veilings - sluit onder meer in dat die aantal mense wat dit bywoon tot minder as 'n honderd beperk moet word. Gesondheidsmaatreëls soos om 'n veilige afstand te handhaaf tussen mense en die gebruik van veiligheidstoerustig word ook vereis.
OFM-nuus
