On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Beheer van bek-en-klouseer gaan voort in Limpopo

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:17 Mon, 20 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Beheer van bek-en-klouseer gaan voort in Limpopo | News Article

Die beheer van bek-en-klouseer gaan voort in Limpopo na die uitbreking van dié virussiekte onder 'n trop beeste op eiendomme, wat voerkrale ingesluit, laat verlede jaar bevestig is.


Die Rooivleisprodusente-organiasie, RPO, se hoofuitvoerende beampte, Gerhard Schutte, sê die tegniese taakspan vir bek-en-klouseer het nog nie tydens die nasionale staat van inperking vergader nie, maar beheer in dié gebiede gaan tydens die nasionale staat van inperking, voort. Schutte sê daar is steeds slegs 19 eiendomme waarop diere positief getoets het. Dit is goeie nuus wat toon dié virussiekte het nie versprei nie. Volgens hom gaan beheerde slagtings van diere, wat positief getoets het, voort en 7 000 van dié diere is reeds geslag. Hy sê die Landbouprodukte-agenteraad, APAC, se reëls vir biosekuriteit by veilingskrale is nog nie afgehandel nie, maar veilingsagente pas dit reeds toe.

Dit gaan onder omstandighede goed in die wolmark ondanks die Covid-19-pandemie, wat die wêreldekonomie laat steier. Dit is volgens Leon de Beer, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, NWKV, wat meen die belangrikse aktiwiteit wat nou dopgehou word is die verwerking van rou Suid-Afrikaanse wol in hoofsaaklik China. Dié proses is hervat na die uitbreking van die Covid-19-virussiekte in dié land. Suid-Afrika word ook intussen toegelaat om wol wat reeds in pakhuise is, uit te voer, nadat daar 'n verbod daarop geplaas is, omdat wol tydens die Suid-Afrikaanse inperkingstydperk nie as 'n noodsaaklike produk geklassifiseer is nie. De Beer sê die totale koopkrag, veral in Europa en Amerika, van mense wat wolprodukte aankoop, is ook van groot belang. Hy sê hoewel dit goed gereën het in die meeste wolproduserende gebiede in Suid-Afrika, is die situasie in die Noord-Kaap, wat die vierde grootste wolproduserende provinsie in die land is, steeds kritiek.

EN

Daar lê 'n lang en uitdagende pad vir boere in die droogtegeteisterde Noord-Kaap voor, ten opsigte van weiding vir hul diere. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbou-weerkundige, sê dit is veral 'n groot bron van kommer met die winter wat nader kruip. Hy sê meer reën is nodig om die droogte in dié provinsie te breek nadat dit kol-kol in gedeeltes gereën het. Hy verwys na 'n groendroogte, waar weiding groen voorkom, terwyl plante nie ontwikkel en groei nie. Volgens hom is daar op die korte duur nog 'n kans op enkele buie in dié provinsie voor die winter aanbreek. Hy voorspel egter dat die siklus ten opsigte van reën in die komende somerseisoen beter daarna uitsien.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.