On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Nerpo versoek dat datum vir #Covid19-fonds verleng word

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:08 Tue, 21 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Nerpo versoek dat datum vir #Covid19-fonds verleng word | News Article

Die Nasionale Organisasie vir Opkomende Rooivleisprodusente, (Nerpo), het 'n versoek gerig aan die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, om die sperdatum vir die Covid-19-ondersteuningsfonds te verleng.


Dié fonds ter waarde van R1,2 miljard is hoofsaaklik vir kleinboere begroot.  Aggrey Mahanjana, besturende direkteur, van Nerpo, sê die sperdatum vir aansoeke is môre, maar dit moet eerder na die einde van vandeesmaand, verleng word. Volgens hom is daar steeds logistieke uitdagings, wat kleinboere en kommunale boere met die aansoekproses, ondervind, veral nou met die nasionale inperkingstydperk. Hy sê boere het nie toegang tot rekenaars of die internet nie, wat dié aansoekproses bemoeilik. Diegene wat wel toegang het tot dié tegnologie ondervind egter probleme om dit aanlyn in te dien. Boere wat regeringskantore besoek om hul aansoeke in te dien, moet lang afstande aflê en beland dan voor dooiemansdeur of moet wag dat kantore open.

EN

Die hoenderbedryf en betrokkenes in dié bedryf, soos Country Bird Holdings, spits hulle toe op voedselsekerheid en dat die lande selversorgend is. Martinus Stander, uitvoerende hoof, sê dit is Country Bird Holdings se visie om dié rol voorentoe te vervul. Hy sê hoender en eiers is die mees bekostigbare veelsydige proteïen en dit sal nie verander nie. Indien die bedryf verder groei en plaaslik werk verskaf, soos hy onderneem om te doen, is daar geen rede dat hoender nie as 'n beskostigbare en veelsydige produk gelewer kan word nie. Stander sê vraag-en-aanbod  sal altyd 'n bepalende rol speel in terme van prys,  maar die hoenderbedryf is - ondanks verskeie uitdagings soos die Covid-19-pandemie - op produksie toegespits. Volgens hom is daar nou 'n afname in die vraag na hoender, nadat dit 'n skerp styging getoon het toe Suid-Afrikaners paniekaankope, net voor die nasionale inperking aangekondig is, gedoen het.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.