On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Aansoeke vir Covid-19-hulp sluit Woensdag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:32 Tue, 21 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Aansoeke vir Covid-19-hulp sluit Woensdag | News Article

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, voorsien dat die sperdatum vir aansoeke om sy Covid-19-hulp van R1,2 miljard aan hoofsaaklik kleinboere nie Woensdag uitgestel gaan word nie.


Reggie Ngcobo, woordvoerder van die department, sê dit is hoogs onwaarskeinlik dat dié sluitingsdatum verleng gaan word, want die departement is positief dat 'n groot getal boere die nodige inligting ontvang het. Hy sê dit is duidelik aan die navrae wat aan die departement op nasionale sowel as provinsiale hulp rondom die departement se ingryping en die aansoekproses ontvang is. Ngcobo sê daar is nog tyd tot 16:00 Woensdag om aansoeke in te dien.  Hy kan ook nie in dié stadium bevestig hoeveel aansoeke reeds ingedien is nie.

Ngcobo doen ook 'n beroep belanghebbende groothandelaars, verspreiders of landboubesighede om teen Donderdag, vandeesweek, by die departement te registreer en aan te dui wat die spesifieke landbouproduksie-insette is, wat hulle kan verskaf. Dit kom nadat die R1,2 miljard se hulp in die vorm van 'n koopbewysstelsel sal geskied, met R50 000 wat per boer toegestaan word. Ngcobo sê dié registrasieproses sal die departement in staat stel om vas te stel welke verskaffers het beskikbare noodinsette om dit bywyse van die koopbewysstelsel aan klein- en kommunale boere beskikbaar te stel. Verskaffers, wat belangstel, kan 'n e-pos aan die departement met 'n lys van beskikbare voorraad aan die departement se provinsiale kantore e-pos. Die departement se webtuiste kan ook vir meer inligting boesoek word.

Intussen het die nasionale organisasie vir opkomende rooivleisprodusente,(Nerpo), die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, gevra om die sperdatum vir die Covid-19-ondersteuningsfonds van R1,2 miljard, te verleng.  Die regering se ingryping is hoofsaaklik gemik om hulp aan klein- en kommunuale boere te verskaf, wat weens dié pandemie, sukkel met produksie. Aggrey Mahanjana, besturende direkteur van Nerpo, sê die sperdatum vir aansoeke moet eerder na die einde van vandeesmaand verleng word, omdat daar nog talle uitdagings ten opsigte van die aansoekproses is. Volgens hom sluit dit logistieke uitdagings in. Daar is sommige boere, wat nie toegang tot rekenaars of die internet het nie.  Diegene wat wel toegang het ondervind egter probleme om die aansoeke aanlyn in te dien, terwyl boere wat regeringskantore besoek om hul aansoeke self in te dien, lang afstande moet aflê en in sommige gevalle is dié kantore dan gesluit of hulle moet wag vir dit om te open.  Dit is 'n tydrowende proses.

EN

Wessel Lemmer 'n bekende senior landbou-ekonoom, onder meer verbonde aan Abasa, is as die nuwe hoofbestuurder van die Landbousakekamer, Agbiz, se graanafdeling aangestel. Lemmer neem die leisels oor by Mariana Purnell, wat aan die einde van Junie, vanjaar aftree.  Purnell was hoof van Agbiz-Graan sedert November 2014.  Lemmer het die afgelope 30 jaar ondervinding in die landboubedryf. Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, sê Lemmer se ervaring en diepgaande kennis  maak hom die geskikte kandidaat om voort te bou op die goeie werk van Purnel.




OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.