Agriculture
Landbounuus-podcast: Staak van veilings in Kroonstad veroorsaak verwarring─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:21 Thu, 23 Apr 2020
Verwarring oor regulasies rondom die aanbied van veilings van lewende hawe het Dinsdag in Kroonstad 'n herrie veroorsaak toe die polisie twee veilings gestaak het.
Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, wat Donderdae op OFM se Agir-Uur tussen 05:00 en 06:00, veilingspryse - wat lewende hawe behaal het - verskaf, sê die weeklikse veeveilings onderskeidelik by André Kock en Seun in die Vrystaat, en die veilingshuis, Noord-Kaap Lewende Hawe, se veilingskrale in Kroonstad is deur die polisie onderbreek. Hy sê daar is aangevoer dat die veilings teen die Covid-19-inperkingsregulasies is. Derksen sê daar is verskeie faktore wat teen die prys van beeste inwerk. Produsente bied nou hulle speenkalwers aan op veiling om dié diere voor die winter te verkoop. Die veestapel van vet diere wat aangebied word het 'n invloed op die prys. Hy sê weens die onderbreking in die twee veilings Dinsdag kan hy nie akkurate veilingspryse verskaf nie, maar slegs tendense.
Intussen het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se direkteur-generaal, Michael Mlengana, Dinsdag 'n inligtingstuk uitgestuur, waarin dit duidelik gestel word, dat veilings van alle tipes lewende hawe, beeste, wol, sybokhaar, huide en velle, tydens die nasionale inperking, toegelaat word. Die verkoop van drank word egter steeds streng verbied. OFM-nuus het navraag by die polisie in die Vrystaat gedoen oor die voorval in Kroonstad Dinsdag.
EN
Die Rooivleisprodusente-organisasie, die RPO, se uitvoerende hoof, Gerhard Schutte het beklemtoon dat die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, al voorheen dit duidelik gestel het dat landbou en spesifiek rooivleisproduksie 'n noodsaaklike diens in die waardeketting is en daarom moet veilings van lewende hawe voortgaan. Schutte het aan OFM-nuus gesê dié organisasie het al sedert die nasionale inperking klagtes ontvang oor polisielede wat gedreig het om veilings te stop. Hy sê veral kleinboere maak staat op dié veilings om hul kontantvloei aan te vul.
OFM-nuus
