Agriculture
Landbounuus-podcast: Minister erken dat landboubedryf uitdagings ervaar tydens #Covid19-inperking─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:35 Fri, 24 Apr 2020
Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, sê daar is bestaande uitdagings in die landboubedryf, wat tydens die Covid-19-inperkingstydperk, as 'n noodsaaklike diens geklassifiseer word.
Dit sluit die aanbieding van veilings van lewende hawe in. Reggie Ncgobo, woordvoerder van die departement, sê Didiza het in dié verband met ander betrokke ministers ooreengekom om riglyne oor die gesondheidstandaarde aan die komitee vir rampbestuur voor te lê. Hy sê Didiza het dié inligting in 'n brief - wat in die bedryf versprei word - aangedui wat die stappe is wat gevolg gaan word om dié uitdaging die hoof te bied. Hy sê Didiza wag nou vir terugvoer van die komitee vir rampbestuur oor die riglyne wat sy voorgelê het, wat in lyn is met die vereiste gesondheidstandaarde.
EN
Intussen wag die bedryf angstig op terugvoer van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling oor regulasies met betrekking tot die aanbied van veilings, tydens die Covid-19-inperking. Dit kom nadat die polisie vandeesweek streng opgetree het teen betrokkenes by twee veeveilings in Kroonstad. Hennie Wille, 'n afslaer en eienaar van André Kock en Seun in die Vrystaat, sê die polisie wou Dinsdag die veiling stop, omdat dit glo nie aan die bestaande regulasies voldoen nie. Hy sê hulle kon egter voortgaan met die veiling, onder die voorwaarde dat die veiling teen 13:00 dieselfde dag ophou. Wille sê daar is baie onduidelikheid oor die regulasies, maar dié veilingshuis werp alles in die styd om veilings veilig aan te bied.
OFM-nuus
