On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Didiza, wag steeds vir terugvoer oor veilings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:24 Fri, 24 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Didiza, wag steeds vir terugvoer oor veilings | News Article
Minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza

Landbouminister, Thoko Didiza, wag steeds vir terugvoer vanaf die nasionale komitee vir ramphulp, oor regulasies rakende gesondheidstandaarde by veilings van onder meer lewende hawe, wat tydens die nasionale Covid-19-inperkingstydperk, geld.


Reggie Ncgobo, woordvoerder van die departement, sê dié regulasies is in oorleg met betrokke ministers, aan dié komitee, voorgelê. Dit kom nadat die departement verskeie klagtes ontvang het oor onduidelikhede rakende die aanbied van dié veilings.Hy sê Didiza sal gelei word deur betrokkenes en die komitee oor dié gesondheidsregulasies by dié veilings. Hy sê dit is 'n dringende kwessie en dat dit spoedig uitgeklaar gaan word sodra Didiza terugvoer ontvang.  Ncgobo sê terugvoer rakende die departement se R1,2 miljard Covid-hulpfonds, wat op klein- en kommunuale-boere gemik is, sal ook spoedig verskaf word.

Daarmee saam het die Suid-Afrikaanse wolmark op die 25te wolveiling van die 2019/20 seisoen versterk. Dié veiling is elektronies oor twee dae aangebied te midde van die koronavirus-inperking. Heindrich Victor, bemarkinsbestuurder van vesel by OVK, sê dit is die eerste nasionale wolveiling van sy soort en dit het betreklik goed afgeloop. Wol, wat reeds deur makelaars in hul pakhuise ontvang, getoets en gewaardeer is, is aangebied. Hy sê die volume wol, wat aangebied is was beperk, en fyner tipes wol het goed presteer. Die Cape Wools aanwyser het met 6,4% en 988 punte hoër verhandel en teen 'n skoonprys van R165,57 per kg gesluit. Die Australiese mark het met 1,5% verswak. Volgens hom is dié versterking in die plaaslike wolmark te wyte aan 'n verdere verswakking van die Rand ten tyde van die veiling.Die ontvangs van wol in  pakhuise is steeds verbode, en die implikasie op die vervoer daarvan tydens die vlak 4-inperking, wat eerskomende Vrydag ingestel gaan word, is nog onduidelik.

EN

Die Bloemskou, wat vanjaar die 137ste keer in Bloemfontein sou plaasvind, het nou 'n aanlynplatform geskep vir uitstallers en dié publiek, om dié gewilde skou, elektronies te ervaar. Dit kom na dié skou, wat vanaf 24 April tot 2 Mei sou duur, afgestel is weens die Covid-19-pandemie.  Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof, sê daar is egter besluit om oor dieselfde tydperk wat die skou vanjaar sou plaasvind, 'n groot gedeelte van die daaglikse hoogtepunte, aanlyn beskikbaar te stel. Dit sluit 'n gedeelte van die landbouprogram, wat jaarliks 'n groot trekpleister is, in. Sy sê hoewel die onderskeie raskampioenskapbyeenskomste nie plaasvind nie, word die betrokke rasgenootskappe, nie agterweë gelaat nie. Prinsloo sê die kampioenskapbyeenkomste sal op volgende jaar se Bloemskou, vanaf 23 April tot 1 Mei, plaasvind. Besoek Bloemskou se webtuiste of sosiale mediaplatforms vir dié aanlyn-ervaring.  



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.