On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kenner raai boere aan om later te kalf

───   11:38 Tue, 28 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Kenner raai boere aan om later te kalf | News Article

Dr Frikkie Mare, 'n landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels vandag oor kalfprys-siklusse en die veranderde reënpatrone wat tans oor groot dele van Suid-Afrika heers.


Kalwers word vanaf September  gebore en dit is gewoonlik in tye wat dit droog is in die veld. Speenkalfpryse wissel dus in ongeveer 3 maande tussen die laagste prys in Junie/Julie tot die hoogste pryse wat in Augustus/September behaal word. Mare beveel aan dat produsente moet oorweeg om eerder in November/Desember te kalf om dit nader aan die reënseisoen te bring.

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê uitermatige weerstoestande kan vandag en môre oor veral die oostelike en sentrale dele van die land voorkom. Luidens 'n verklaring voorspel die weerkantoor swaar neerslae en erge donderstorms, terwyl lae temperature en sneeu op dele van die Drakensberge verwag word. Wydverspreide reën- en donderbuie kan vandag oor die sentrale en suidelike provinsies voorkom en dit sal laat vanmiddag en vanaand in 'n oostelike rigting beweeg. Reënval van 20 mm tot 40 mm word binne 24 uur verwag, met sommige gebiede wat meer as 50 mm kan meet. Volgens die weerkantoor kan die neerslae oorstromings in dele tot gevolg hê, veral omdat die grondwatervlakke oor groot gebiede van die sentrale en oostelike dele van die land betreklik versadig is. Lae temperature word veral oor die Vrystaat, Oos-Kaap en dele van die Hoëveld, insluitend Gauteng, verwag. Sowat 5 cm tot 10 cm sneeu word Dinsdagmiddag op die Drakensberge en die Malutibergreeks verwag.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.