On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Goeie reën in NK bring hoop aan boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:12 Tue, 28 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Goeie reën in NK bring hoop aan boere | News Article

Goeie reën het die afgelope week in gedeeltes van die droogtegeteisterde Noord-Kaap hoop aan boere gebring.


Dit is volgens Janine Byleveld, operasionele bestuurder vir ekonomie, handel, water -en omgewingsake by Agri Noord-Kaap, nadat tussen 0mm en 45mm gemeet is in die noordelike gebied van die provinsie, wat Kuruman en die Vanzylsrus-omgewing insluit. Sy sê in die westelike gedeeltes by Aggeneys, Springbok en Frazerburg is 'n gemiddelde reënval van tussen 12mm en 0mm gemeet. Volgens haar is die droogte nog geensins in alle gebiede gebreek nie.

Intussen is graanprodusente in die Bultfontein-gebied dankbaar vir goeie reën wat vandeesweek in dié gebied voorgekom het. Anton Botha, 'n boer en 'n voormalige hoofbestuurslid van Graan SA (GSA), sê dit het Maandag gemiddeld tussen 30mm en 45mm  gereën. Dit word met ope arms verwelkom deur produsente wat in die proses is om voor te berei vir droëland koringaanplantings. Hy sê die reën het in die stadium ook nie 'n groot invloed op die stroopproses van somergraangewasse soos mielies nie, want gewasse neem nie lank om droog te word nie.

EN

Die VKB-groep ondersteun die Landbousakekamer, Agbiz, se inisiatief om te midde van die Covid-19-pandemie armoede in die land te verlig. Koos Janse van Rensburg, dié groep se besturende direkteur, sê Agbiz het 'n beroep op die hele landbouwaardeketting gedoen om gemeenskappe in nood te ondersteun, waarna VKB besluit het om aan boord te kom. Hy vra dat landbouprodusente hul harte en beursies oopmaak vir behoeftige gemeenskappe en om 'n hektaar se graan beskikbaar te stel. Diegene wat dit nie kan bekostig nie, kan vrywillige skenkings doen. Hy sê VKB het ook tonne graan vir dié projek geskenk. Die VKB-groep is verantwoordelik vir die verspreiding van die gemaalde meel na kerke. Vir meer inligting en om betrokke te raak besoek VKB se webtuiste.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.