On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere, werkers steeds onseker oor beweging tydens #Covid19-inperking

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:42 Wed, 29 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Boere, werkers steeds onseker oor beweging tydens #Covid19-inperking | News Article

Boere en hulle werknemers sukkel nog steeds om onduidelikheid oor hulle bewegings te midde van die Covid-19-inperking op te klaar.


Dit het 'n negatiewe uitwerking op die vloei van die landbouwaardeketting. Algemene bestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, sê boere word by pad-versperrings deur polisiebeamptes en weermaglede voorgekeer en verhoed om verder te ry. Verskeie boere het ook aangedui dat hulle boetes ontvang het omdat hulle volgens dié owerhede nie oor die korrekte permitte beskik nie. Van Zyl meen dit was sedert die begin van die nasionale inperking duidelik dat boere en hulle werknemers, wat 'n noodsaaklike diens lewer, 'n vervoerpermit benodig sodat hulle onverpoos voort kan gaan met hul bedrywighede en die vervoer van kos. Hy sê van die owerhede by pad-versperrings pas dié bykomende regulasies toe, terwyl dit nie van toepassing op boere is nie. Daarmee saam is daar gevalle waar beamptes hul skuldig maak aan beweerde omkopery om boere wat oor die korrekte permitte beskik toe te laat om verder te ry. Van Zyl sê TLU SA het reeds gevra dat die regering nou duidelike riglyne in verband met dié regulasies rondom die beweging van betrokkenes in die landboubedryf, in plek stel. 

Daarmee saam het die departement van polisie, paaie en vervoer in die Vrystaat 'n beroep gedoen op alle pad-verbruikers om aan die bestaande regulasies in terme van die inperkingstydperk te voldoen. Dit is veral in die lig van die nasionale vlak vier inperking wat Vrydag in werking tree. Hillary Mophethe, woordvoerder van die departement sê, daar sal met sekere dienste tydens dié nasionale vlak van inperking, voortgegaan kan word, maar gemeenskappe moet hul steeds vergewis met die regulasies wat betrekking het tot dié vlak. 

EN

Die kommersiële bank, FNB, het die regering se Covid-19-leningskema ter waarde van R200 miljard verwelkom. Dié skema het ten doel om kommersiële banke in staat te stel om hulp aan ondernemings - wat nie hulle geldelike verpligtinge kan nakom nie - te verleen. Dit gaan veerkragtigheid verseker wanneer die land se ekonomie heropen. Die uitvoerende hoof van FNB, Jacques Celliers, sê dié regeringswaarborg gaan banke toelaat om voort te gaan met die nakoming van hul verpligting teenoor kliënte. Dit terwyl banke hulle kredietuitbreidingsvermoëns gaan gebruik om die regering se ondersteuning vir kwalifiserende ondernemings te wees.  Hy sê  ondernemings wat 'n goeie finansiële status op 29 Februarie vanjaar gehad het en hulle kredietverpligtinge nagekom het, sal oorweeg word vir dié skema. Kwalifiserende ondernemings sal dié lenings eers ses maande na uitbetalings begin terugbetaal. 



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.