On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landboubedryf heropen tydens Vlak-4

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:21 Thu, 30 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Landboubedryf heropen tydens Vlak-4 | News Article
Minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza

Die landboubedryf in geheel word toegelaat om te heropen wanneer vlak-4 van die nasionale inperking in die lig van die Covid-19-pandemie Vrydag in werking tree.


Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het die aankondiging op 'n mediakonferensie gedoen. Didiza het gesê trekkervervaardiging sal hervat word en winkels, wat landbou-produkte verkoop, kan voortgaan daarmee. 

Veeveilings sal ook onder streng veilingheidsmaatreëls plaasvind, terwyl uitvoer mag geskied. Dit sluit wyn en sekere ander alkoholprodukte in. Didiza het ook vroeër in 'n mediaverklaring aangekondig altesaam 42 444 aansoeke is vir die departement se R1,2 miljard se Covid-19-ingryping, hoofsaaklik vir kleinboere, ontvang. Volgens haar is 'n 100%-koers van vorms, wat ingedien is, behaal. Daar is reeds begin met die evalueringsproses, en daar word gepoog om teen 8 Mei al die prosesse te voltooi, waarna boere wat goedgekeur is vir dié hulp koopbewyse sal ontvang om benodigdhede vir hul boerderye te bekom.

EN

Soos oudergewoonte, verskaf 'n bekende in die veebedryf, Chris Derksen, vandag weer die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen kan slegs aanduidende pryse verskaf, omdat daar vandeesweek steeds onduidelikheid was oor die aanbied van veeveilings. Derksen sê die prys van lewende hawe is onderdruk en speenkalwers se prys is sowat R26,50 per kg.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.