On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbouveilings, -vervoer hervat op Vlak 4

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:47 Thu, 30 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Landbouveilings, -vervoer hervat op Vlak 4 | News Article

Die landboubedryf is oopgestel met die nasionale inperking wat Vrydag na Vlak 4 verskuif.


Van die maatreëls wat nou geld, is die aanbied van veilings en die vervoer van landbouprodukte. Wyn kan ook na hawens vervoer word. Dit kom nadat sekere bedrywighede sedert die aanvang van die grendeltydperk weens die Covid-19-pandemie nie toegelaat is nie, ondanks die feit dat landbou as 'n noodsaaklike diens geklassifiseer is. Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het Donderdag aangekondig dat, ingevolge die nuwe regulasies, alle landbouproduksie, wat bosbou, visserye, byeboerdery en jag insluit, toegelaat sal word. Voorbereidings vir verbouing, asook die oes en berging van gewasse, die vervoer van vee en verwante landbou-infrastruktuur, word toegelaat. Volgens Didiza sal veilings aan streng maatreëls moet voldoen. Die nodige gesondheidstoerusting sal gebruik moet word, en nie meer as 50 mense mag 'n veiling bywoon nie. 'n Veilige afstand moet ook gehandhaaf word. Die verbod op die beweging tussen provinsies geld steeds, maar kan in die geval van uitsonderlike omstandighede geskied, daarom moet boere, indien moontlik, van seisoenale werkers in nabygeleë gebiede of in dieselfde provinsie waar hulle boer, gebruik maak.

Die Rooivleisprodusente-organisasie, die RPO, het die oopstel van veeveilings as deel van Vlak 4 se regulasies, met ope arms verwelkom. Koos van der Ryst, voorsitter van die RPO, sê dit is goeie nuus en hy loof alle betrokkenes wat daartoe bygedra het dat veilings van lewende hawe vanaf Vrydag kan plaasvind.

EN

Intussen het die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, haar tevredenheid uitgespreek met kleinboere en kommunale boere se flinke reaksie op die departement se R1,2 miljard Covid-19-hulpfonds. Didiza sê meer as 42 400 aansoekvorms is ontvang, wat die totale persentasie van die toegelate aansoeke wat vir hulp ontvang is, op 123% laat. Sy het ook gesê dit is verblydend dat agt provinsies 'n 100% koers behaal het in terme van die vorms wat ingedien is. Dit sluit onder meer in die Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat. Daar is sedert verlede Donderdag, ná die sluitingsdatum vir aansoeke, met die evalueringsproses in die onderskeie streke begin. Volgens Didiza sal alle prosesse na verwagting teen volgende Vrydag voltooi wees, waarna die verspreiding van koopbewyse, ter waarde van R50 000 per boer, versprei sal word. Die kommoditeite wat ondersteun word, is pluimvee, groente, vrugte en ander vee.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.