On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Verwagte graanvoorraad vir 2020/21 lyk goed

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:12 Mon, 04 May 2020

Landbounuus-podcast: Verwagte graanvoorraad vir 2020/21 lyk goed | News Article

Suid-Afrika gaan in die 2020/21-seisoen, wat vandeesmaand begin, voldoende graanvoorraad hê.


Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, sê die verwagte somergraanoes vir dié seisoen is 17,5 miljoen ton. Dit is 'n styging van 31% vanaf 2019 en is die tweede grootste oes in die geskiedenis van die land.  Volgens Didiza sal daar na verwagting tussen 2,5 miljoen ton wit- en geelmielies tussen vandeesmaand en April volgende jaar beskikbaar wees. Didiza het verder produsente se  toegewydheid en veerkragtigheid geloof. Volgens haar is Suid-Afrika nou in 'n goeie situasie ten opsigte van voldoende kosvoorraad teen billike prysvlakke, te midde van die ongekende onsekerheid en die land se kollektiewe stryd teen die Covid-19-pandemie. Didiza sê ook die landboubedryf sal  voortgaan om landboukommoditeite en -produkte uit te voer, veral die kommoditeite  wat noodsaaklik is vir die skep van broodnodige buitelandse valuta.

Intussen is die Nasionale Oesskattingskomitee, NOK, se produksieskatting vir die verwagte kommersiële mielie-oes 15,22 miljoen ton. Die NOK het in sy derde oppervlak- asook produksieskatting vir somergraangewasse aangedui die grootte van die land se mielie-oes is 412 100 ton meer as die vorige skatting. Die oppervlakte onder mielies is meer as 2,6 miljoen hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 5,83 ton per hektaar is. Die geskatte mielie-oes is dus 35% groter as verlede jaar se oes. Die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga, wat die grootste mielieproduserende provinsies is, gaan na verwagting 84% van die 2020-oes lewer. Die oppervlak onder witmielies is sowat 1,6 miljoen hektaar en meer as 994 500 hektaar is onder geelmielies.  Witmielies se produksieskatting is meer as 8,7 miljoen ton, wat meer is as die 8,5 miljoen ton van die vorige skatting. Geelmielies se produksieskatting is meer as 6,4 miljoen ton, wat 2,48% meer as die vorige skatting is. 

EN

Die wolbedryf is opgewonde oor die feit dat dié vesel nou as 'n noodsaaklike landbouproduk geklassifiseer word, te midde van die  vlak-4-inperking weens die Covid-19-pandemie.  Leon de Beer, uitvoerende hoof van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), sê dit is verblydend dat wol weer ingesluit word as 'n noodsaaklike produk in die waardeketting nadat dit met die aanvang van die nasionale inperking nie die geval was nie. Hy sê  daar was op die nasionale wolveiling in Port Elizabeth verlede week nie 'n groot aanbod van wol nie, en hy skryf dit toe aan 'n afname in die nasionale vraag na wol omdat verbruikers nie oor koopkrag beskik nie. Die prys van wol het ook 'n daling getoon. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.