On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrae rondom prysverhogings in suiwelsektor

───   12:06 Tue, 05 May 2020

Landbounuus-podcast: Vrae rondom prysverhogings in suiwelsektor | News Article

Sommige melkverwerkers en kleinhandelaars wil nie nou prysverhogings vir onverwerkte melk en melkprodukte in werking stel nie weens die regering se riglyne oor prysbepaling in die ramptydperk.


Landbou.com berig die Melkprodusente-organisasie (MPO) beskou dit egter as 'n verkeerde interpretasie van die riglyne. Redelike prysverhogings is inderdaad moontlik en aanvaarbaar, mits aan die voorgeskrewe riglyne voldoen word, sê Bertus van Heerden, hoofekonoom van die MPO. 

Volgens die MPO sê sekere verwerkers en kleinhandelaars prysstygings is onmoontlik weens die beperking dat basiese voedselpryse nie in dié tyd mag styg nie. Van hulle sê ook dat geen pryse in die grendeltyd verhoog sal word nie, weens melkprodukte se prysgevoeligheid. 

Belanghebbendes stroomaf in die waardeketting gebruik albei dié argumente foutiewelik om te motiveer waarom onderhandelde prysverhogings nie in werking kan tree nie, of waarom onlangse produsenteprysverhogings, soos winterpremies gaan wegval, sê Van Heerden. Die MPO meen daar word wel in die betrokke regeringskennisgewing voorsiening gemaak vir prysverhogings van basiese voedselsoorte, maar ook streng gewaarsku teen buitensporige prysverhogings.


EN


Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom by die Universiteit van die Vrystaat, het met OFM-nuus gesels oor verbruikers se behoefte van direkte aankope by landbouprodusente. Mare verduidelik dat daar kostebesparingsimplikasies daaraan verbonde is wanneer die publiek die sogenaamde middelman uitsny en direk by die boer sy kosprodukte aankoop. Mare verwys ook na sosiale media-groepe wat hierdie sterk boodskap uitstuur om landbouers en verbruikers nader aan mekaar te bring. Hy maan egter landbouers om versigtig te wees vir stelsels soos hierdie. Hy verwys  na verskillende faktore wat eers oorweeg moet word, soos byvoorbeeld wetgewing, en gee sy mening oor die wenslikheid van die stelsel.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.