On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: #Covid19-pandemie verhoog druk op politieke klimaat/partye

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:43 Wed, 06 May 2020

Landbounuus-podcast: #Covid19-pandemie verhoog druk op politieke klimaat/partye | News Article

Die politieke klimaat is gespanne in Suid-Afrika te midde van die Covid-19-pandemie.


Dit is volgens dr. Piet Croucamp, 'n politieke ontleder, wat meen werkloosheid en hongersnood is 'n drukkoker waarvan die deksel nog nie gelig is nie, en dié situasie moet fyn dopgehou word. Croucamp meen 10,4 miljoen mense is werkloos in Suid-Afrika en dié getal het nou met 2,3 miljoen werkloses toegeneem. Daarvan is tussen 6 en 7 miljoen mense in die informele sektor en dit is dié mense wat geen verligting gekry het met die regering se verskuiwing van die nasionale inperking na vlak-4 nie.  Croucamp sê sosiale media boodskappe wat die rondte doen rondom pres. Cyril Ramaphosa wat glo gaan bedank weens druk deur faksies in die ANC ná 'n vergadering, is blote snert.

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) het owerhede in Gauteng geloof vir hul optrede teen handelaars wat vleis, insluitende hoender, verkoop waarvan die vervaldatum reeds verstryk het. Tydens 'n gesamentlike operasie van Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, en die provinsiale polisiekommissaris, Elian Mawela, is dié vleisprodukte uit winkels in Evaton en Orange Farm in Johannesburg verwyder. Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van die pluimveevereniging, sê dit is in belang van openbare gesondheid en veiligheid dat daar opgetree word teen oortreders. Hy sê dit is belangrik dat verbruikers die verkoop- of vervaldatums van alle voedseldoelwitte moet nagaan. Volgens Breitenbach, voldoen Suid-Afrikaanse hoender aan streng plaaslike regulasies oor verpakking en etikettering van hoenderprodukte, en verkoopdatums word duidelik gemerk.

EN

Die gevestigde landboubesigheid, NWK, wat die oudste in Suid-Afrika is, vier vanjaar sy 111ste bestaansjaar.  NWK se groepbestuurder van korporatiewe bemarking en kommuniksie, Johan Bezuidenhout, sê dié staatmaker landboubesigheid is trots op sy diep wortels nadat dit amptelik op 4 Mei 1909 gestig is. NWK, soos dit vandag bekendstaan, was destyds bekend as die Lichtenburg Koöperatief Landboumaatskappy. Hy sê dit was 'n skugter begin, maar NWK het oor die jare heen ontwikkeling en aanpassings gedoen.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.